Dat Afrikaans die eerste taal is van byna 6,5 miljoen mense?

Dat ’n bykomende 7 miljoen mense Afrikaans as tweede of derde taal gebruik?

En dat byna 16 miljoen mense ’n basiese kennis van Afrikaans het?

Dat die Nederlandse taal reeds in die tyd van Jan van Riebeeck (tweede helfte van die sewentiende eeu) begin aanpas het aan sy nuwe situasie aan die suidpunt van Afrika?

Dat Afrikaans so vinnig verander het omdat daar so baie vreemdelinge – Duitsers, Franse Hugenote, Portugese, slawe uit Afrika en die Indonesiese eilande – was?

Maar dat daar eers in 1915 begin is om Afrikaans te standaardiseer en dat dit eers amptelik as taal erken is in 1925?

Dat die eerste bruin Afrikaansprekende eers laat in die twintigste eeu lid geword het van die Taalkommissie, wat toesig hou oor Afrikaans?

Maar dat een van die vroegste Afrikaanse tekste reeds in 1868 in Arabiese skrif geskryf is?

Dat die woordeskat van Afrikaans van 50 000 woorde in 1900 tot 250 000 in die laat 20ste eeu gegroei het?

Dat Afrikaans nie alleen aan Nederlandse en Vlaamse universiteite gedoseer word nie, maar ook in Duitsland, Oostenryk, Pole, Tsjeggië en Rusland?

Dat eentalige Afrikaanse klasse by ’n Afrikaanse universiteit soos Stellenbosch van 100% in 1994 afgeneem het tot 40% in 2006?

Dat kinders wat in hul moedertaal onderrig kry, op skool beter resultate behaal as kinders wat in ’n tweede taal klasse volg?

Dat 87% van die wit Afrikaanssprekende ouers moedertaalonderrig belangrik vind en dat 74% van die Afrikaanssprekende bruin ouers daarmee saamstem?

Dat 46% van die wit Afrikaanssprekende huishoudings twee of meer motors het en dat 51% dit kan bekostig om jaarliks te spaar?

Dat ruim 80% van die wit jong mense nie universiteit toe gaan nie?