‘n Hartlike woord van verwelkoming aan u almal vanaand hier. Dit is vir ons ‘n droom wat waar geword het- ‘n “taalkantoor/ambassade” in België/Vlaandere met die doel om Afrikaans te bevorder! ‘n Besondere woord van dank spesiaal aan meneer en mevrou de Klerk vir hulle teenwoordigheid vanaand hier. Ook mnr. Makatu raad: politiek van die Suid-Afrikaanse ambassade in Brussel, baie welkom.
Maar kom ek begin by die begin. Solidariteit is ‘n Afrikaanse vakbond van Suid-Afrika, met sowat ‘n 100 000 Afrikaanssprekende lede. Dit is nou maar so dat geen klein taalgemeenskap in isolasie kan bestaan nie, en dat stewige bande met sy taalfamilie nodig is vir sy voortbestaan. Net meer as tien jaar terug het baie Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika uiters bekommerd begin word oor die stand van Afrikaans in Suid-Afrika. Die koms van demokrasie het baie voordele gebring vir Suid-Afrika, maar die feit is dat Afrikaans mettertyd onder groot druk begin kom het. Dit was vir my sedert 1994 ‘n droom dat die Afrikaanse gemeenskap weer sterker bande begin smee met ons taalfamilie in België en Nederland, bande wat tydens die apartheidsera groot skade gely het. Na 1994 is daar ongelukkig nie genoeg gedoen om hierdie bande te herstel nie. Daarom het ek sedert die jaar 2000 daarvan begin droom om ‘n skakelkantoor vir Afrikaans in Brussel te open, met die doel om op ‘n beter gestruktureerde wyse taalkontakte te maak.
Daarna het ek talle informele gesprekke met taalvriende daaroor gevoer, wat almal positief daaroor was maar wat almal agv die praktiese probleem van befondsing tot niks gekom het nie. Ten spyte van baie pogings, kon ons nooit die nodige befondsing bekom nie. Dit was nie voordat ek met Ingrid Scholtz daaroor gesels het dat daar lig in die tonnel begin skyn het nie. Ingrid het goedgunstig ingewillig om teen ‘n minimale honorarium as Skakelpersoon vir ‘n Afrikaanse kantoor op te tree.
Alhoewel dit ‘n inisiatief van Solidariteit is, wil ons in belang van Afrikaans dit nie net aan ons koppel nie, en het ons begin om ander Afrikaanse organisasies te betrek. Afrikaans behoort immers aan al haar sprekers, en ons mening was dat ‘n inklusiewe benadering die regte een was.. Daarom het ons besluit om die kantoor “Afrinetwerk” te noem, sodat dit duidelik is dat ons doel is om ‘n netwerk vir en van alle Afrikaanssprekendes te wees. Ingrid het begin werk op 1 April 2008, maar ons het besluit om die kantoor eers na sy eerste verjaarsdag te open sodat ons eers met sy werksaamhede kon vorder. Dit is ‘n beskeie begin, maar ons is vol vertroue dat die saadjie wat ons vanaand saam plant, nog ‘n groot boom gaan word wat baie taalvrugte gaan oplewer. Daarom is dit vir ons ook ‘n groot voorreg dat mnr FW de Klerk ingewillig het om as beskermheer vir Afrinetwerk op te tree, en ook die kantoor vanaand amptelik te open.
Behalwe taalsake het ons ook vir Ingrid gevra om vir ons as ‘n skakelpunt met vakbonde soos die ACV en CNV van Nederland te dien. Daarom is dit vir my verblydend dat Karin Debroey van die ACV vanaand hier is. Sy is ‘n goeie vriendin van Solidariteit, wat al verskeie kere by ons besoek afgelê het, en instrumenteel was in Solidariteit se affiliasie met Consawu. Hierdie affiliasie het aan Solidariteit toegang gegee tot die internasionale arbeidsarena. Ek wil vir haar ook van harte bedank vir al die moeite wat sy gedoen het om vir ons afsprake by lid vakbonde van die ACV te reël.
U vra moontlik hoekom ‘n vakbond so passie het vir taal? Gaan dit vir ‘n vakbond nie net oor werkerregte nie? Kom ek antwoord die vraag. As ‘n Christen-demokratiese vakbond, is Solidariteit se siening dat ‘n ware vakbond álle regte en belange van sy lede op die hart moet dra, en taalregte is onlosmaaklik deel daarvan. ‘n Werker is nie net ‘n homo economicus nie, maar ook ‘n kultuurmens, ‘n sosiale mens, en ‘n politieke mens. Vir ons gaan dit oor die werker van die werk, en nie net oor die werk van die werker nie! Die tragiese gebeure in Zimbabwe het vir ons gewys dat werkerregte nie in isolasie bestaan nie, maar afhang van burgerregte. Daarom kan ons nooit ‘n mens reduseer tot ‘n blote ratjie in ‘n ekonomiese wiel nie. Maar die belangrikste is dat daar ‘n direkte verband tussen taalregte van ‘n werknemer en sy ekonomiese kanse in die lewe is. Dit sien ons die afgelope jare in Suid-Afrika, waar die tragiese mislukking van die onderwysstelsel die grootste rede agter die vaardigheidskrisis in die land is; ‘n vaardigheidstekort midde in groot werkloosheid! Die gebrek aan moedertaalonderwys het ‘n groot aandeel in hierdie probleme. Vir ons is dit ten eerste ‘n onderwysbeginsel dat die onderwyser en kinders mekaar goed moet kan verstaan, en nie eerstens ‘n taalbeginsel nie.
Dieselfde met beroepsopleiding. Die SA stelsel van beroepsopleiding het tot sover gefaal, en kon nie die opgeleide mensekrag lewer wat die land so nodig het nie. Soveel van ons land se jongmense kan nie ekonomies bemagtig word nie, omdat hulle net nie die vaardighede het nie. Afrikaanse beroepsopleiding is feitlik onbekombaar. Die staats- en privaatkolleges het totaal verengels, en Solidariteit se twee kolleges is van die enigste plekke waar ‘n Afrikaanse kind nog in sy of haar moedertaal opleiding kan kry. Die behoefte is egter baie groter as dit, en duisende kinders word deur taal uitgesluit van die kans op gehalte opleiding en werksgeleenthede.
Dit is so dat ons land se Grondwet al 11 tale amptelik erken, maar selfs dit kon nie verhoed dat daar ‘n groeiende gaping ontstaan het tussen die mooi grondwetlike teorie het die harde praktyk nie. Afrikaans is in die ekonomie, in die staatsdiens, in opleiding en op bykans alle ander terreine marginaliseer, saam met ander inheemse tale. Daarmee saam is Afrikaans op ons universiteite en in ons skole onder baie groot druk, en het die aantal Afrikaansmediumskole bv afgeneem vanaf 1800 in 1994 tot net 300 in 2002.
Dit was ongelukkig in baie Afrikalande die geval dat die koloniale taal bo inheemse tale verkies is- tot nadeel van die land en sy mense. Soos Kwezi Kwaa Prah dit stel, het kolonialisme dit ten doel gestel om die soewereiniteit van die moedertaal te vervang met die taal van die koloniale moondheid. Daardeur is ‘n elite geskep wat nominaal Afrikane was maar in werklikheid betower en vasgevang was deur die Westerse kultuur . Die regerende groep was taal – en kultuurgewys vervreemd van hulle wortels[i]. Prah voer betekenisvol aan dat die oorheersing van koloniale tale nie net onderwys en opleiding op alle vlakke gestrem het nie, maar ook gelei het tot die mislukking van talle ontwikkelingsprojekte weens ‘n kortsigtige taalbeleid. In Suid-Afrika is hierdie Afro-Saksers- soos Ali Mazrui dit stel- deel van die Mbeki-nalatenskap.. Hierdie elite, volgens Hermann Giliomee verpersoonlik deur president Thabo Mbeki, is amper ‘n eie etniese groep. Hulle het hulself gestroop van hul etnisiteit. Hulle het die Brits-Amerikaanse kultuur aanvaar, praat ‘n Engels deurspek met progressiewe sosiologiese terme, en bevorder die belange van die swart middelklas in die naam van bevryding, bemagtiging en transformasie[ii]. Die hoop bestaan dat die Zuma-administrasie ‘n meer prakties en werkbare benadering gaan toepas, omdat Zuma nooit deel van hierdie elite was nie. Dit sal help dat armoede nie altyd aan “Afrikaprobleme” toegedig word, terwyl dit eintlik net oorkombare taalprobleme is nie.
Die probleem is dat politici se verwaarlosing en selfs aftakeling van inheemse Afrikatale, dit vir hulle bykans onmoontlik maak om die beskerming van Afrikaans te ondersteun- iets wat Engels as die de facto landstaal se posisie verder bevorder. Min mense weet dat die Indiese volksheld Ghandi reeds in 1927 protesteer het teen die vervreemding wat deur Engels veroorsaak is. Hy het verwys na die “vergiftiging, denasionalisering en “mental slavery“ wat Engels in die private en openbare lewe meegebring het”.
Maar daar is ook ander redes vir Afrikaans se agteruitgang, en dit is die beleid van “Transformasie” wat die Mbeki-regering se nasionale projek was. Die probleem is die konsep van “verteenwoordigendheid” wat die Mbeki-administrasie aan transformasie gegee het. Hiervolgens moet alle instellings in die land op alle vlakke die bevolking samestelling proporsioneel weerspieël. Weens die getalleverhoudings in die land, beteken dit dat alle instellings uiteindelik swart oorheerste Engelstalige instellings moet wees. Hiervolgens is Afrikaanse instellings onmoontlik. Daarom het die vorige minister van Onderwys, Kader Asmal, verklaar dat Afrikaanse instellings vir hoër onderwys nie toegelaat kan word nie, omdat dit nie in pas is met transformasie nie. Solidariteit se siening is dat dit neerkom op ‘n misbruik van mag, en dat dit nie ‘n billike en behoorlike behandeling van ‘n minderheid is nie. Volgens ons bots dit met die positiewe plig wat die internasionale reg op regerings lê om die identiteit en kultuur van minderhede te beskerm. (Sien bv artikel 27 van die Internasionale Handves vir Burgerlike en Politieke Regte van 1966). Demokrasie beteken meer as die mag van die meerderheid, dit beteken meer as om net ‘n taal amptelike status te gee en dan te los, dit verg meer as lippediens aan diversiteit. Daar is genoeg voorbeelde soos in Indië, waar minderheidstale nie net erken word nie, maar waar maatreëls getref word om seker te maak dat dit ook tale van geleenthede, van werksvooruitsigte en vordering in die lewe is.. Die erkenning van veeltaligheid is nie ‘n bedreiging vir eenheid nie, maar eerder ‘n voorwaarde vir die lojaliteit van die minderheid aan die land.
Suid-Afrika het baie uitdagings, en inklusiewe oplossings is nodig sodat almal kan deel voel van die land en sy toekoms en entoesiasties kan help werk vir ‘n beter lewe vir almal. Solidariteit sien ook daarna uit om saam met die nuwe regering te werk aan oplossings nie net vir ons eie probleme nie, maar ook vir oplossings vir arm swartmense. Daarom het ons nie net die kantoor gevestig om steun te werf vir Afrikaans in Europa nie, maar ook om steun te werf vir opheffingsprojekte wat ons graag wil aanpak om jong swartmense te help. Ons beoog byvoorbeeld om ‘n tegniese opleidingskollege te begin waar jong werklose swartmense die geleentheid kan kry om hulleself te bekwaam in ‘n ambag.
Maar omdat ons vanaand ‘n projek afskop om steun vir die toekoms van Afrikaans te werf, wil ek afsluit met twee aanhalings. Die eerste is die woorde wat Sint Konstantyn al in die agtste eeu gebruik het, en wat vandag nog net so waar is:
“Skyn die son nie dieselfde vir die hele wêreld nie? Asem ons nie almal saam die lug in nie? Is jy nie skaam om slegs drie tale toe te laat en ander mense tot blindheid en doofheid te veroordeel nie? Sê my, dink jy God is hulpeloos en kan nie gelykheid bewerkstelling nie, of dat hy jaloers is en dit nie sal skenk nie?”
Ten slotte, mnr FW de Klerk het ‘n tyd gelede in Switserland, een van die lande wat ‘n suksesvolle model vir die bestuur van diversiteit het, die volgende gesê: ”Daar is geen twyfel dat die akkommodering van kulturele, religieuse en etniese verskille een van die grootste uitdagings van die nuwe millennium gaan wees nie. Dit is tyd dat ons die nasionale en internasionale standaarde versterk, om ‘n wêreld te skep waarin ons almal seker kan wees dat ons kulturele en linguïstiese erfenis veilig sal wees, ongeag waar jy leef”.
Baie dankie
Flip Buys
Soos Matthias Brenzinger van Dartmouth Kollege dit in die Economist gestel het, “Most languages disappear because their speakers voluntary abandon them”[iii]
________________________________________
[i] Kwezi Kwa Prah, Mother tongue for scientific and technological development in Africa. (Bonn: German Foundation for International Development, 1995), p.27.
[ii] Giliomee, H. 2004. Die Afrikaners. P 630. ‘n Biografie. Tafelberg. Kaapstad.
[iii] Brenzinger, M. 2005. Economist.
Archive for May, 2009
Dit is vir my `n groot eer om Afrinetwerk se buitelandse kantoor vir die bevordering van Afrikaans te open. Ek wil graag Solidariteit gelukwens met hierdie inisiatief. Die organisasie het homself in die laaste paar jaar gevestig as een van die mees samehangende organisasies in die Afrikaner gemeenskap. Hulle doen uitstekende werk - nie net in die sfeer van die beskerming en bevordering van die belange van sy vakbondlede nie - maar ook in die opleiding en ondersteuning van Afrikaners wat sedert 1994 in armoede verval het. Daarbenewens is Solidariteit en sy filiaal AfriForum aan die spits van pogings om die grondwetlike en kulturele regte van Afrikaners te beskerm en om die Afrikaanse kultuur en taal te bevorder.
Dit alles is gedoen onder die leierskap van `n nuwe geslag van jong Afrikaners wat vasbeslote is om hulself te handhaaf in die nuwe Suid-Afrika; wat redelik en gulhartig is in hul verhoudings met hul mede burgers van al ons gemeenskappe en etniese groeperings; maar wat nie bereid is om `n tweedeklas morele, politiese of sosiale rol te aanvaar in die land van hul geboorte nie. Hulle is trots op hul geskiedenis. Hulle is bewus van die onregverdighede waaraan hul voorgeslagte onderwerp is, asook die onregverdighede wat hul voorgeslagte andere aangedoen het. Tereg het hulle besluit om nie meer om verskoning te vra vir wie hulle is en vader te staan vir dit wat hul voorvaders gedoen het of nie gedoen het nie.
Die huidige inisiatief om `n buitelandse kantoor vir die bevordering van Afrikaans oop te maak, is `n uitstekende voorbeeld van die werk wat Solidariteit verrig ter ondersteuning van ons kultuur en taal. Dit illustreer die besef dat hul lede nie slegs werkers of vakbondlede is nie: die behoud van hul taal en kulturele identiteit is ook kernbelange wat aangespreek moet word.
Dit is `n jammerte dat die burgerlike samelewing in die bres moes treë met `n inisiatief soos hierdie een. Die staat behoort veel meer te doen ter ondersteuning van al ons Suid-Afrikaanse tale en kulture, maar versaak sy plig. Die hartseer werklikheid is dat, ten spyte van die duidelike vereistes in die Grondwet, die regering baie min of niks gedoen het om ons kulturele en taal diversiteit te bevorder nie – minste van alles met betrekking tot inheemse tale en kulture.
Onlangs het my Sentrum vir Grondwetlike Regte `n analise van die Grondwet gedoen om die beplaings ten opsigte van taal- en kultuurregte sistematies uit te lig. Die resultaat was ‘n indrukwekkende lys van regte en voorskrifte in die Grondwet van Suid-Afrika.
• Dit sê dat ons moet strewe na eenheid in diversiteit.
• Dit verklaar dat ons elf amptelike tale het.
• Dit vereis van die staat om spesiale stappe te neem om ons inheemse tale te ontwikkel.
• Dit vereis dat die regering minstens twee amptelike tale moet gebruik op nasionale en provinsiale vlakke.
• Dit bepaal dat munisipaliteite die taalvoorkeure van hul inwoners in aanmerking moet neem.
• Die nasionale en provinsiale regerings moet hul gebruik van amptelike tale reguleer en monitor.
• Dit vereis dat alle amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en billik behandel behoort te word.
• Dit maak voorsiening vir die stigting van `n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, wie se taak dit is om die ontwikkeling en gebruik van alle amptelike tale te bevorder en gunstige omstandighede daarvoor te skep, en om respek te verseker vir alle tale wat gepraat word in Suid-Afrika.
Die Grondwet bepaal die volgende rakende die taal van onderwys en onderrig:
• Dit verklaar dat alle Suid-Afrikaners die reg het om onderrig te ontvang in die taal of tale van hul keuse in openbare onderwysinstellings (vermoedelik insluitend universiteite), waar daardie onderwys redelikerwys prakties uitvoerbaar is
• Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker, moet die staat alle redelike opvoedkundige alternatiewe oorweeg, insluitend enkelmedium instellings.
• Dit stel dit duidelik dat wanneer die taal van onderrig oorweeg word, die staat billikheid, doenlikheid en die behoefte aan regstelling van die gevolge van diskriminerende wette en praktyke van die verlede in ag moet neem.
Die Grondwet maak verder voorsiening vir die erkenning en bevordering van taal-, kultuur- en godsdiensregte, soos volg:
• Dit verklaar dat almal die reg het om die taal van hul keuse te gebruik en aan die kulturele lewe van hul keuse deel te neem.
• Dit erken ook die reg van mense wat behoort aan kulturele, godsdiens- en etniese gemeenskappe om hul kultuur uit te lewe, om hul godsdiens te beoefen en om hul taal te gebruik.
• Dit erken die reg om kulturele, godsdienstige en linguistiese assosiasies en ander organe van die burgerlike samelewing te stig, te onderhou en daarby aan te sluit.
• Laastens maak die Grondwet ook voorsiening vir die stigting van `n Kommissie om die regte van kulturele, godsdienstige en linguistiese gemeenskappe te bevorder en beskerm - andersins bekend as die KGT Kommissie (CRL Commission) of die Kommissie met die baie lang naam.
Hierdie vyftien bepalings vorm kollektief deel van `n grondwetlike manifes vir kultuur- en taalregte.
Ongelukkig is feitlik elkeen van hulle geïgnoreer of verwater sedert die aanvaarding van die Grondwet in 1996.
• Die realiteit is dat ons in groeiende mate ‘n de facto amptelike taal het - en dit is Engels. Die veronderstelde amptelike status van die oorblywende tien tale blyk al hoe meer net `n droombeeld te wees.
• In werklikheid gebruik die regering nié twee amptelike tale op nasionale vlak nie, en ons ander amptelike tale word ook al hoe minder deur provinsiale administrasies gebruik.
• Ons tale geniet nie gelykheid van aansien nie - en word nie billik behandel nie.
• Min of niks is tot dusver gedoen om ons inheemse tale te ontwikkel nie.
• Die organisasies wat gestig is om ons tale te bevorder en beskerm, PANSAT en die KGT Kommissie, is onderbefonds en onder druk. Onlangs het die Asmal Kommissie aanbeveel dat hulle ontbind moet word en dat hul funksies oorgeneem moet word deur `n “super” Menseregtekommissie.
Dit is essensieel dat ons almal baie meer moet doen om die regering verantwoordelik te hou vir die implementering van hierdie belangrike grondwetlike bepalings.
Ek is in die besonder bekommerd oor die erosie van Afrikaans by ons universiteite. Die realiteit is dat, tensy ons taalgemeenskap saamwerk aan `n duidelike strategie om dit te verhoed, Stellenbosch, Pretoria, die Vrystaat en Potchefstroom binne afsienbare tyd nie meer oorwegend Afrikaanse universiteite sal wees nie.
Volgens ‘n kommerwekkende ontleding deur Prof Magda Fourie wat ek onlangs gelees het, is die Universiteit van Stellenbosch “besig om bo alle twyfel hals oor kop te verengels.” Sy beweer dat die US by ‘n kruispad staan en dat daar nou ‘n definitiewe keuse gemaak moet word, wat duidelik uitgespel moet word.
Leopold Scholtz skryf onlangs in die Burger dat dit nie alleenlik Afrikaners is wat bekommerd is oor die toekoms van hulle taal nie. Groepe hier in Nederland en Vlaandere is ewe bekommerd oor die toekoms van hulle tale by hulle eie universiteite. Volgens Scholtz is 105 van die 170 magisterkursusse by die Universiteit van Amsterdam in Engels en “aan die Universiteit van Utrecht is dit 89 van die 196.”
Daar is dwingende filosofiese en praktiese redes waarom dit noodsaaklik is om taal verskeidenheid te bewaar en te beskerm.
In ons vinnig globaliserende wêreld word kulturele en taaldiversiteit ernstig bedreig. Daar word beraam dat meer as die helfte van die wêreld se 6000 tale tot niet sal gaan voor die einde van hierdie eeu. Hoeveel Suid-Afrikaanse tale sal oorleef? Oral, van China tot Peru, word mense toegegooi onder `n nuwe globale kultuur. Jongmense luister na dieselfde musiek, kyk dieselfde films en TV programme en kommunikeer met mekaar deur dieselfde globale webtuistes. Hul aspirasies word gevorm deur `n byna onweerstaanbare stroom van advertensies, wat dieselfde wêreldwye handelsmerke van verbruikersgoedere, klere, elektroniese toestelle en koeldranke bevorder.
Die taal van die globale kultuur is Engels. Hoe gaan minderheidskulture - insluitende ons eie inheemse kulture in Suid-Afrika - die stormloop weerstaan. En meer belangrik nog, hoe gaan mense hul persoonlike identiteite, wat so diep gewortel is in en afhanklik is van hul kulture en tale, beskerm? Die stryd om ons diverse identiteite te behou in `n groeiende homogene wêreld sal een van die grootste uitdagings van hierdie eeu wees.
Die prentjie in Suid-Afrika is donker. Giliomee, Heese en Schlemmer het daarop gewys dat minderheidstale wêreldwyd reuse druk ervaar in situasies waar hulle in die onderwys moet kompeteer met `n wêreldtaal soos Engels. Die versnellende pas van verengelsing is ook een van die hoofoorsake van die drastiese vermindering in enkelmedium Afrikaanse skole. Die posisie van die swart inheemse tale is selfs meer kwesbaar. Waar Afrikaanse moedertaalonderrig redelikerwys doenlik is op tersiêre vlak, is dit nog nie die geval met swart inheemse tale nie.
Vir al hierdie redes verwelkom ek die stigting van Afrinetwerk se kantoor in Europa. Dit sal mense in die Afrikaanse gemeenskap help om vriendskapsbande te versterk met Europese taalgemeenskappe, met wie ons lang en waardevolle historiese verbintenisse het. Dit sal ons Suid-Afrikaners help om die belangrikheid van die onderhouding en ontwikkeling van al ons inheemse tale in Europa uit te dra. In `n wêreld wat gekonfronteer word met `n vloedgolf van kulturele konformiteit, sal dit hopelik begrip bou vir die noodsaak van die goeie bestuur van kulturele verskeidenheid.
Dit is gevolglik my voorreg om Afrinetwerk se kantoor oop te verklaar.
De tweeslachtige houding van de Nederlandse politiek ten aanzien van het Afrikaans is definitief omgeslagen in een uitgesproken Nederlandse liefdesverklaring. Vijftien jaar na de eerste vrije democratische verkiezingen in Zuid-Afrika zet de Nederlandse politiek aan tot veel meer samenwerking tussen het Afrikaans en Nederlands. Daarbij heeft opname van het Afrikaans in de Nederlandse Taalunie de sterke voorkeur. Dit blijkt uit onlangs gevoerde vraaggesprekken met Nederlandse Tweede Kamerleden hierover. Zij komen aan het woord in dit eerste deel van een tweeluik over de aandacht voor de Afrikaanse taal in Nederland. De Nederlandse taalorganisaties komen in deel twee aan bod.
Afrikaans in de lift
Het Afrikaans staat steeds meer in de belangstelling in Nederland. Zo krijgt de culturele uitruil tussen Afrikaans en Nederlands voorzichtig meer gestalte. Meer muzikale en literaire optredens vinden over en weer plaats. Stef Bos, maar ook jazz-zangeres Denise Jannah zijn bekende namen in de Afrikaanstalige gemeenschap van Zuid-Afrika. Zangers als Gert Vlok Nel, Chris Chameleon en dichter Antjie Krog zijn inmiddels vaak en graag geziene Afrikaanstalige gasten in Nederland.
Een recente peiling van het Genootschap Onze Taal in oktober 2008 laat interessante feiten zien: van de massaal reagerende Nederlanders, Vlamingen en opvallend veel Zuid-Afrikanen antwoordt maar liefst 95% positief (enthousiast, soms bijna smekend) op de vraag ‘moet de Nederlandse Taalunie het Afrikaans ondersteunen?’
Ook de politiek heeft zich in 2008 over het Afrikaans laten horen: Frans Timmermans, staatssecretaris Buitenlandse Zaken, en Bert Anciaux, Vlaamse minister van Cultuur en voorzitter van het Comité van Ministers van de Nederlandse Taalunie, pleiten onafhankelijk van elkaar voor een veel intensievere samenwerking tussen het Nederlands en Afrikaans.
Namens de politiek zijn geïnterviewd:
Jan Schinkelshoek: Tweede Kamerlid CDA
John Leerdam Tweede Kamerlid PvdA
Atzo Nicolaï Tweede Kamerlid VVD
Allen zijn woordvoerder cultuur en/of taal namens hun partij.
Daarnaast zijn zij lid van de (controlerende) Interparlementaire Commissie van de Nederlandse Taalunie (www.taaluniversum.org).
Bert Anciaux: Voorzitter van het beleidsbepalende Comité van Ministers van de Nederlandse Taalunie. Hij is tevens Vlaams minister van cultuur.
De Nederlandse Taalunie stelt namens de Nederlandse, Vlaamse en Surinaamse overheid het Nederlandse taalbeleid vast en voert dit uit.
Nauwelijks beleid
Geen van de politieke partijen (CDA, PvdA,VVD) heeft enig geformuleerd beleid over het Afrikaans blijkt uit gesprekken met Jan Schinkelshoek (CDA), John Leerdam (PvdA) en Atze NicolaI (VVD). Schinkelshoek vindt het wenselijk dat binnen zijn partij beleid over het Afrikaans wordt opgenomen. Nicolaï: ‘beleid over het Afrikaans zou kunnen worden opgenomen binnen de ruime context van bestaand beleid over het Nederlands.’
Het beleid van de Nederlandse Taalunie ten aanzien van het Afrikaans is summier en indirect. In het Meerjarenplan 2008-2012 staat: ‘Het beleid speelt nu voorzichtig in op de taalverwantschap tussen Nederlands en Afrikaans. De tijd lijkt daarvoor rijp, nu er in Zuid-Afrika een veranderende houding is ontstaan ten aanzien van het Afrikaans [...].’ Desgevraagd bevestigt Anciaux dat het beleid over Afrikaans en de uitvoering daarvan erg voorzichtig is, maar hij ziet niettemin een positieve tendens.
Een welwillende houding
De politici vinden eensgezind dat de houding van Nederland en de Nederlandse politiek definitief ten gunste van het Afrikaans is veranderd. Schinkelshoek en Leerdam vinden in hun partijen “een veel betere voedingsbodem voor Afrikaans en zelfs voor taalpolitiek in het algemeen.” Zij vinden dat omzichtigheid geboden blijft bij de manier waarop Nederland aandacht voor het Afrikaans vraagt bij Zuid-Afrika. “Die benodigde omzichtigheid mag echter niet langer als een Nederlands excuus worden aangegrepen om niets te doen”, benadrukken beiden. Anciaux meent dat de voorzichtige aanpak tot nu toe heeft geleid tot een steeds vruchtbaardere bodem voor samenwerking met Zuid-Afrika: “Te veel druk uitoefenen was waarschijnlijk contra-productief geweest”, zegt hij. Nicolaï weet uit eigen ervaring dat het Afrikaans in Zuid-Afrika veel minder als een besmette taal wordt gezien dan veel Nederlanders denken. Hij doet dan ook een oproep aan Nederlanders om zich vooral zélf in Zuid-Afrika een oordeel te vormen over de beleving van de Afrikaanse taal. Anciaux geeft aan: “tijdens regelmatige bezoeken aan Zuid-Afrika de afgelopen tien jaar heb ik de houding over Afrikaans drastisch zien verbeteren. Tien jaar geleden kreeg ik nooit in het Afrikaans antwoord als ik eens Nederlands sprak met collegaparlementariërs, nu wel. De Zuid-Afrikaanse regering gaat nu veel pragmatischer om met het Afrikaans en ziet het vooral als een belangrijke landstaal en een belangrijk communicatiemiddel.” Ook Leerdam ziet de weerstand tegen het Afrikaans in Zuid-Afrika wegebben.
Afrikaans in de Nederlandse Taalunie
De bewindslieden vinden dat het Afrikaans in een of andere vorm in de Nederlandse Taalunie moet worden opgenomen en dat de Taalunie een veel nadrukkelijkere leidende rol moet nemen in de samenwerking tussen Nederlands en Afrikaans. Met de woorden ‘langzaam en voorzichtig’ probeert Anciaux de verwachtingen ten aanzien van de Taalunie te temperen. Hij ziet als geen ander de organisatorische implicaties voor de Taalunie van een intensievere samenwerking met het Afrikaans. “Maar dát de samenwerking tussen het Nederlands en Afrikaans fors moet groeien staat als een paal boven water”, vindt Anciaux.
Terloops meldt Schinkelshoek nog dat in 2008 Tweede Kamerlid Joop Atsma (CDA) een verzoek aan de Taalunie deed om samenwerking te zoeken met het deels Afrikaanstalige Namibië. Atsma deed dit voorstel namens een politiek breed samengestelde delegatie Nederlandse Eerste en Tweede Kamerleden (CDA, PvdA, VVD) na een bezoek aan Zuidelijk Afrika. Daar spraken zij met Namibische parlementariërs over dit onderwerp.
Kans tot culturele verrijking
Gevraagd naar wat Nederland kan en moet doen voor de positie van het Afrikaans vinden de bewindslieden dat de culturele, literaire en wetenschappelijke contacten tussen Nederlands en Afrikaans flink moeten worden uitgebreid. ‘Een enorme kans tot culturele verrijking’ luidt het eensluidende oordeel. Leerdam, naast parlementariër ook regisseur van de deels Afrikaanstalige theaterproductie Amandla die binnenkort ook in Zuid-Afrika te zien zal zijn, ziet in die contacten ook een duidelijke rol weggelegd voor Vlaanderen, maar zeker ook Suriname, Aruba en de Nederlandse Antillen.
Op de basisschool beginnen
De woordvoerders zijn het erover eens dat er nog een groot informatiegat bij Nederlanders en Vlamingen over het Afrikaans bestaat dat gedicht moet worden. “Onbekend maakt onbemind” luidt de redenering. Op de vraag ‘moet Afrikaans enige aandacht krijgen op de Nederlandse en Vlaamse basisscholen’ is iedereen zonder aarzeling vóór. Schinkelshoek, een groot liefhebber van de gedichten van de Zuid-Afrikaanse Elisabeth Eybers, wil de Afrikaanse taal ook een plaats geven in de Nederlandse historische canon. In het Nederlandse en Vlaamse Internationaal Cultuurbeleid, waarin Zuid-Afrika als prioriteitsland geldt, dient het Afrikaans een prominente rol te krijgen, zo vindt men unaniem. Leerdam vindt: “substantiële geoormerkte budgetten moeten daarvoor beschikbaar worden gesteld”.
De verdwijnende “Apartheidssmet”
Eensgezind denken de bewindslieden dat door blijvende en groeiende culturele uitwisseling en contacten de ’Apartheidssmet’ langzaam zal verdwijnen. Gevraagd naar hoe het Afrikaans zich dient te positioneren als taal zeggen Nicolaï en Anciaux: “Afrikaans is de moedertaal van vele verschillende gemeenschappen en bovendien de belangrijkste moedertaal van de zogenaamde kleurlingen. Bij veel Nederlanders is dit onbekend”. Schinkelshoek vindt: “We moeten openlijk praten over de jaren van Apartheid, maar er moet ook tegenwicht worden geboden aan de onlogische veroordeling van het Afrikaans. Het Engels en Duits zijn toch ook niet blijvend veroordeeld vanwege kwalijke historische gebeurtenissen”. Schinkelshoek vindt bovendien belangrijk dat gewezen wordt op de gemeenschapelijke taalbron van Afrikaans en Nederlands.
Woordontleningen en nieuwe woorden
Moeten de talen, waar mogelijk, langzaam naar elkaar toegroeien werd gevraagd.
Anciaux ziet het voordeel van onderlinge verstaanbaarheid, maar benadrukt dat het om twee aparte talen gaat. Woordontleningen en samenstellen van nieuwe woorden over en weer
ziet hij, net als Schinkelshoek, als “nuttig en verrijkend, hoewel geen rol van de politiek.” De Zuid-Afrikaanse dichter Antjie Krog sprak in de NRC van 28 januari jl. vergelijkbare woorden: “[...] het overtuigde mij ervan dat Afrikaans in de buurt van Nederlands moet blijven [...]”. Regionale variëteiten zijn volgens Schinkelshoek een absolute verrijking, maar een gemeenschappelijke stam blijft belangrijk om onderling verstaanbaar te blijven. Ook Leerdam ziet vooral voordelen van (enig) toegroeien van de talen.
Een mooie toekomst, maar werk aan de winkel
De politiek is positief over de situatie van het Afrikaans over 25 jaar, maar Nicolaï waarschuwt ‘niets gaat vanzelf.” Leerdam spoort aan tot “investeren in professionalisering van organisatie en structuren” en Schinkelshoek meent dat groei van de contacten tussen Afrikaans en Nederlands een absolute voorwaarde zijn voor een goede toekomst van het Afrikaans. Anciaux, hoewel positief gestemd over het Afrikaans, realiseert zich dat veranderende politieke verhoudingen in Zuid-Afrika altijd roet in het Afrikaanse eten kunnen gooien.
Na de woorden de daden
De bereidheid van de Nederlandse politiek lijkt groot om iets substantieels te doen voor de Afrikaanse taal. De politiek vindt de Nederlandse Taalunie daarvoor de geëigende aanjager vanuit Nederland en Vlaanderen en dient een veel sterker leidende en nadrukkelijke rol te pakken dan nu het geval is. Of de Nederlandse Taalunie deze rol ook kan en gaat invullen is de vraag en uitdaging voor de nabije toekomst.
Joris Cornelissen
In het tweede deel de Nederlandse taalorganisaties aan het woord over het Afrikaans.
De Nederlandse overheid moet veel meer doen voor het Afrikaans. De Nederlandse Taalunie, verantwoordelijk voor het Nederlands taalbeleid in Nederland, Vlaanderen en Suriname, moet daarin stevig de leiding nemen, vinden de Nederlandse taalorganisaties. Ook zelf erkennen zij een rol te hebben bij de ondersteuning van het Afrikaans, die wat hen betreft vooral bestaat uit het informeren van Nederlandstalig publiek over het Afrikaans. Dit blijkt uit vraaggesprekken met vertegenwoordigers van de belangrijkste taalorganisaties in Nederland. Dit is het tweede deel van de tweeluik over de aandacht voor de Afrikaanse taal in Nederland. In het eerste deel is de Nederlandse politiek aan het woord geweest.
Het Afrikaans in een veranderd taallandschap
Sinds de invoering van de eerste vrije verkiezingen in 1994 is het officiële taallandschap in Zuid-Afrika drastisch veranderd: vóór 1994 zijn Engels en Afrikaans de twee officiële landstalen, na 1994 spreekt de Zuid-Afrikaanse grondwet nadrukkelijk van maar liefst elf officiële talen, waaronder het Afrikaans. Het Afrikaans is na het Zoeloe (vooral gesproken in het Zuid-oosten van het land) en het Xhosa (vooral gesproken in het Zuiden van het land), gemeten naar het aantal moedertaalsprekers, de derde taal van Zuid-Afrika. Het heeft meer moedertaalsprekers dan het Engels. Het Afrikaans kent een grote spreiding over het land en is in twee van de negen Zuid-Afrikaanse provincies, Westkaap en Noordkaap, de meerderheidstaal. Algemeen wordt aangenomen dat het Afrikaans nog de meest gesproken tweede taal in Zuid-Afrika is.
Sinds 1994 is het Engels in Zuid-Afrika echter aan een ogenschijnlijk onstuitbare opmars begonnen en wordt, ondanks grondwettelijke bepalingen die meertaligheid voorschrijven, steeds meer als enige overheidstaal en onderwijstaal gebruikt. De steeds dominantere positie van het Engels lijkt dan ook ten koste te gaan van de andere officiële talen en zeker van het Afrikaans.
Aan de Nederlandse taalorganisaties is gevraagd hoe zij de toekomst van het Afrikaans in het ‘nieuwe’ Zuid-Afrika zien en of zij ondersteuning vanuit Nederland nodig vinden om het Afrikaans als volwaardige taal in de toekomst te behouden.
De geïnterviewde (taal)organisaties:
Genootschap Onze Taal, Peter Smulders, directeur
Stichting Taalverdediging, Marcel Bas, bestuurslid en woordvoerder Afrikaans
Algemeen Nederlands Verbond, Bert van der Stoel, algemeen voorzitter
Stichting Nederlands, Arno Schrauwers, voorzitter
Nederlandse Zuid-Afrik.Vereniging, Bart de Graaff, eindredacteur van het maandblad Zuid-Afrika
Een stabiele minderheidstaal, maar opgepast
De toekomst voor het Afrikaans is hoopvol, maar zeker niet zonder zorgen, zo vinden de taalorganisaties. “Het Afrikaans zal zich zeker in de Afrikaanse meerderheidsgebieden Westkaap en Noordkaap handhaven als een belangrijke taal”, zeggen Smulders en De Graaff. De Graaff ziet in de rijke Afrikaanse cultuur en het huidige succes van het geschreven Afrikaanstalige woord positieve tekenen: “De Afrikaanstalige krant Die Burger blijft succesvol, de verkoop van Afrikaanstalige boeken is fors gestegen en de recentelijke introductie van de Afrikaanstalige krant/boulevardblad Die Son is een groot succes. Afrikaans is bovendien de meest gesproken tweede taal in Zuid-Afrika.” De Graaff voegt hieraan toe dat door emigratie van veel Afrikaanstalige blanken het zwaartepunt binnen de Afrikaanstalige gemeenschap in Zuid-Afrika verder zal verschuiven naar de Afrikaanstalige niet-blanke mensen.
Hoewel men zich realiseert dat het Afrikaans nooit meer zal kunnen terugkeren naar de riante positie van vóór 1994 zien de taalorganisaties ook zorgelijke ontwikkelingen voor het Afrikaans. Bas en De Graaff vinden dat door de (met name) blanke emigratie van Zuid-Afrikanen en de systematische afkalving van het Afrikaans in veel maatschappelijke domeinen, waaronder het onderwijs, de kwantiteit en kwaliteit van het Afrikaans verder zal afnemen, tenminste als de Zuid-Afrikaanse overheid, tegen de grondwet in, het Engels als dé voorkeurstaal in Zuid-Afrika blijft bevorderen. Om bij te dragen aan een verzekerde toekomst voor de Afrikaanse taal in Zuid-Afrika vinden Nederlandse taalorganisaties steun uit de Nederlandstalige gemeenschap belangrijk, want niets gaat vanzelf, zo benadrukt men.
Een ‘win-win’
Maar waarom zou de Nederlandstalige gemeenschap het Afrikaans eigenlijk moeten ondersteunen? Allereerst vindt men dat samenwerking tussen de twee talen tot beider voordeel zal strekken, zo lang er maar niet getornd wordt aan de eigenheid van beide talen.
Allen spreken van een enorme mogelijkheid tot culturele verrijking voor beide taalgemeenschappen als de contacten over en weer verder zullen groeien. Van der Stoel benadrukt ook het niet onbelangrijke ’statusaspect’ van een taal: “Als Afrikaans en Nederlands door onszelf en anderen meer als één worden gezien dan winnen de talen aan prestige vanwege de macht van het getal. Een grotere taal vinden velen aantrekkelijker.” Bovendien vindt Van der Stoel dat het cultureel belang en het economisch belang prima hand in hand kunnen gaan: “Afrikaans biedt een mooie springplank voor zaken doen in Zuidelijk Afrika en Nederlands, via Nederland en België, voor zaken doen in Europa.” Schrauwers, Bas en Van der Stoel zien ook voordelen van een taalkundige afstemming bij de invoering van nieuwe woorden. Dit ook om een tegenwicht te bieden aan wat velen omschrijven als de ‘anglowaan’ in Nederland waarin Engelse woorden vaak klakkeloos worden overgenomen in het Nederlands zonder daarbij Nederlandstalige varianten serieus te willen overwegen. Bas vindt in dit verband dat Nederlanders nog heel wat kunnen leren van de taaltrots die de Afrikaanstaligen doorgaans wordt toegedicht. Smulders betwijfelt overigens of taalkundige samenwerking wel wenselijk en logisch is aangezien de maatschappelijke context van de Nederlandse en Afrikaanstalige taalgebieden erg anders zou zijn.
Naar ‘bekend en bemind’
Over het waarom van samenwerken is men duidelijk, maar welke strategie zou Nederland moet hanteren in het ondersteunen van het Afrikaans? Allereerst vindt men dat de gemiddelde Nederlander weinig kennis en een onjuist beeld heeft van het Afrikaans. Nog heel wat Nederlanders koppelen Afrikaans automatisch aan Apartheid en denken dat het alleen de taal van blanken in Zuid-Afrika is. Momenteel geldt nog te veel onbekend maakt onbemind, zo luidt de eensgezinde redenering. Een herleving van de linguïstische band van het Nederlands en het Afrikaans lijkt overigens in de huidige tijdsgeest te passen waarin mensen groter belang lijken te hechten aan historisch-culturele banden. De ‘informatie-inhaalslag’ van het Afrikaans zou al op de basisscholen kunnen starten. Schrauwers en Bas opperen zelfs de herinvoering van Afrikaanse liedjes, een goede manier om kinderen spelenderwijs iets over het Afrikaans en Zuid-Afrika bij te brengen. Smulders en Van der Stoel vinden het bovendien logisch dat Nederlandse kinderen leren over de verschillende varianten van het Nederlands zoals het Surinaams-Nederlands en Antilliaans-Nederlands, maar ook het Afrikaans. De Graaff voegt hieraan toe: “enige aandacht voor Afrikaans kan op middelbare scholen goed ingepast worden in een apart studie-onderwerp ‘taal en cultuur van voormalig Nederlandse overzeese gebieden’.“
Ook middels het Internationaal Cultureel Beleid zouden de culturele uitwisseling en informatie-uitwisseling over de talen nog veel meer kunnen worden gestimuleerd, zo vinden de woordvoerders. Staatssecretaris Frans Timmermans, verantwoordelijk voor het Nederlands Internationaal Cultuurbeleid, heeft zich eerder ook al uitgesproken voor een intensievere samenwerking tussen de twee taalgemeenschappen.
De Nederlandse Taalunie voorop
Als Nederland iets van enig gewicht wil doen voor het Afrikaans in Zuid-Afrika dan zou de Nederlandse Taalunie stevig het voortouw moeten nemen, vinden de taalorganisaties eensgezind. Op dit moment vindt men dat de Nederlandse Taalunie, ondanks de ondersteuning van enkele taalinitiatieven in Zuid-Afrika, te weinig doet voor het Afrikaans. Van der Stoel en Smulders geven hierbij aan: “De taalorganisaties snakken naar leiding van de Taalunie op dit gebied ook al hebben we zelf natuurlijk ook een taak in het steunen van het Afrikaans”. Gevraagd naar wat de Nederlandse Taalunie zou kunnen doen ziet De Graaff wel wat in het financieren van zogenaamde uitreikprojecten in Zuid-Afrika. Daarbij wordt gebruikmakend van het Afrikaans als taalmedium geïnvesteerd in sociale projecten die ten goede komen aan de arme Afrikaanstalige bevolking. De Universiteit van Stellenbosch in de provincie Westkaap en het Zuid-Afrikaans Centrum voor Nederland en Vlaanderen in Kaapstad (voorheen ‘Huis der Nederlanden’) houden zich met dit soort sociale projecten bezig. Door de combinatie van oplossing van sociale problematiek aan taal lijken dit soort initiatieven eerder op steun te kunnen rekenen van de Zuid-Afrikaanse overheid dan louter op taal gerichte projecten.
Taaluniebeleid als veilige haven voor het Afrikaans
De vraaggesprekken met de Nederlandse politiek en met de Nederlandse taalorganisaties laten zien dat er vanuit Nederlands perspectief alle reden en steun is voor de Nederlandse Taalunie om voor het komende nieuwe ‘Meerjarenbeleidsplan 2013-2017’ te kiezen voor krachtiger beleid ten aanzien van de ondersteuning van de Afrikaanse taal. Ondersteuning van initiatieven door de Taalunie moet uiteraard met instemming van de Zuid-Afrikaanse overheid binnen Zuid-Afrika zelf plaatsvinden, maar kunnen daarnaast ook prima binnen de Taalunielanden Nederland, Vlaanderen en Suriname plaatsvinden.
Uiteindelijk zou een steviger beleid ten aanzien van het Afrikaans door de Nederlandse Taalunie wel eens juist de steun in de rug kunnen zijn die het Afrikaans nodig heeft om in het grondwettelijke meertalige, maar in de praktijk vooral ‘English only’ Zuid-Afrika een stabiele taal te blijven die in alle maatschappelijke domeinen en landsdelen actief gebruikt en gerespecteerd wordt.
Joris Cornelissen
Wat doen de Nederlandse taalorganisaties voor het Afrikaans?
De NZAV: het Afrikaans in de genen
De Nederlandse Zuid-Afrika Vereniging organiseert in Nederland veel voor het Afrikaans zoals literaire symposia, taalcursussen Afrikaans, en beschikt over een verspreidingspunt voor het Zuid-Afrikaanse boek met vooral Afrikaanstalige en Engelse boeken. Ook in het NZAV-maandblad ‘Zuid-Afrika’ en op de website is er veel aandacht voor het Afrikaans: www.zuidafrikahuis.nl.
Taalverdediging: woorden en daden
Stichting Taalverdediging voert concrete actie voor het Afrikaans in Zuid-Afrika (o.a. acties gericht tegen de vele straatnaamveranderingen in Pretoria). De organisatie heeft een speciale woordvoerder Afrikaans.
Op de website (www.taalverdediging.nl) en in de nieuwsbrief van Taalverdediging is veel aandacht voor het Afrikaans.
Het ANV: achtergrondartikelen
Het verenigingsblad Neerlandia van het Algemeen Nederlands Verbond plaatst regelmatig artikelen over het Afrikaans: www.algemeennederlandsverbond.org.
Genootschap Onze Taal: beperkte aandacht
In het blad Onze Taal, in de digitale nieuwsbrief Taalpost op de website www.onzetaal.nl is slechts sporadisch aandacht voor het Afrikaans, hoewel Onze Taal recentelijk nog een taalpeiling over het Afrikaans heeft gehouden.
Stichting Nederlands: alleen Nederlands
Deze stichting concentreert zich volledig op het Nederlands: www.stichtingnederlands.nl.