Archive for March, 2009

Al 11 woordeboek-eenhede in geldknyp - 7/03/2009

Rapport
Marenet Jordaan
Die amptelike woordeboekeenhede van al 11 landstale sit in ’n erge verknorsing ná beweerde finansiële wanbestuur by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat).
Pretoria
Die amptelike woordeboekeenhede van al 11 landstale sit in ’n erge verknorsing ná beweerde finansiële wanbestuur by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat).
Pansat se raad het verlede week sy uitvoerende hoof, me. Ntombenhle Nkosi, geskors hangende ’n interne ondersoek.
Prof. Sihawukele Ngubane, raadsvoorsitter, het bevestig dat ’n klag van weiering om haar aan gesag te onderwerp teen haar ingedien is en dat klagte van finansiële wanbestuur ook ondersoek word.
Dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die Woordeboek vir die Afrikaanse Taal (WAT), het aan Rapport bevestig die WAT oorleef tans danksy skenkers en dat hulle baie tyd en energie aan geldinsameling bestee.
Die WAT benodig sowat R2,7 miljoen per jaar om sy koste te dek.
Pansat is ’n regeringsliggaam wat, met staatsgeld, meertaligheid moet bevorder. Volgens Botha het Pansat in 2000 tienjaar-beplanning gedoen waartydens besluit is al die woordeboekeenhede moet teen 2010 ’n jaarlikse subsidie van R1,5 miljoen ontvang. Dit sou beteken die WAT se finansiering sal geleidelik afgeskaal word van R2,2 miljoen per jaar en die ander amptelike tale s’n sal geleidelik groei.
Volgens Botha het die groei in die verskillende eenhede se subsidie in Nkosi se era egter skerp afgeneem. In die huidige groeitempo sal hulle nie R1,5 miljoen in 2010 bereik nie.
“In April 2008 het me. Nkosi die WAT se subsidie eensydig tot R1 miljoen verminder,” het Botha gesê. Volgens hom het Nkosi geen redes daarvoor verskaf nie. Hoewel sy destyds ’n afvaardiging van die WAT te woord gestaan het, was sy nie bereid om ’n gesprek daaroor te voer nie.
Die WAT het hom daarna tot die raad van Pansat gewend, maar tot dusver het nog niks konkreets gebeur nie.
Botha het gesê al 11 eenhede ontvang tans ’n subsidie van R1 miljoen. Volgens hom weet hulle nie of daar nou ’n koersverandering by Pansat gaan wees nie. Die verminderde subsidie het die WAT swaar getref.
Dr. Victor Mojela, voorsitter van die gesamentlike redakteursforum vir woordeboeke, het beaam dat al 11 woordeboekeenhede swaarkry sedert Nkosi as uitvoerende hoof oorgeneem het.
Die eenhede het nuwe personeellede aangestel op grond van ’n onderneming van Pansat dat dié eenhede se subsidie jaarliks met minstens R100 000 sal styg.
“Sedert 2006 het hulle elkeen net R39 000 per jaar meer gekry.”
Volgens Mojela het die redakteursforum talle memorandums hieroor aan Pansat geskryf.
“Die meeste van die eenhede sal personeellede moet afdank as hulle nie dringend geld kry nie.”
Ngubane het ontken dat Nkosi se skorsing en finansiering deur Pansat met mekaar verband hou.
Daarom sal die verdeling van die raad se geld eers hersien word in die nuwe finansiële jaar wanneer ’n nuwe begroting toeken word, het hy gesê

Forum: ’n Raadsbesluit met ’n Janusgesig? - 06/03/2009

Die Burger

Gerrit Brand

’n Groot debat is opnuut ontketen oor die nuutste taalwending aan die Universiteit Stellenbosch. Hier gee GERRIT BRAND sy mening daaroor:
Verwarring heers oor wat die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) nou eintlik oor taal besluit het. Dit maak ’n ondubbelsinnige beoordeling moeilik.
Waaroor almal saamstem, is dat daar besluit is om die sogenaamde “A/E-opsie” – parallelmediumonderrig (Afrikaans en Engels in afsonderlike bane) – in die vyf grootste fakulteite in die eerste studiejaar in werking te stel. Dis in ooreenstemming met ’n raadsbesluit verlede jaar dat die 2002-taalbeleid, waarvolgens die sogenaamde “A-opsie” (Afrikaans-enkelmedium) die verstekopsie is, behou word, met die wysiging dat die A/E-opsie ook sonder motivering gebruik mag word.
Die onlangse besluit om laasgenoemde opsie op eerstejaarsvlak te benut moet verstaan word teen die agtergrond van ’n omstrede besluit, in 2005, om die fakulteit lettere en wysbegeerte toe te laat om die sogenaamde “T-opsie” (Afrikaans en Engels in een klas – dubbelmediumonderrig) oor drie jaar in die eerste drie studiejare te beproef, al maak die taalbeleid eintlik slegs daarvoor voorsiening dat die T-opsie onder sekere voorwaardes in die eerste studiejaar toelaatbaar is.
Aangesien hierdie “eksperiment” pas verstryk het, kan die jongste raadsbesluit – wat ook die fakulteit lettere en wysbegeerte verplig om die A/E-opsie in te voer – vertolk word as ’n swaai weg van die T-opsie en ’n vindikasie van diegene wat daarteen gekant was.

 
Die geloof dat die T-opsie transformasie by die US sou bevorder, is verkeerd bewys: In die betrokke fakulteit het die aantal swart studente in die omgewing van 80 vir al die voorgraadse jare gestagneer.
Die syfers toon wel dat die T-opsie daarin geslaag het om ongeveer 25% meer wit Engelssprekendes te lok – die profiel van die fakulteit is na dese dus nog meer wit en elitêr as vantevore.
Daarteenoor is die fakulteit ingenieurswese, wat die A/E-opsie in die eerste jaar, en daarna hoofsaaklik die A-opsie, gebruik, asook die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe, wat hoofsaaklik die A-opsie benut, suksesvoller met die lok van swart studente (ook Engelssprekende bruines). Hierdie syfers strook met die bevindings van ’n opname deur prof. Lawrie Schlemmer, waarvolgens nie net die meeste Afrikaanssprekende studente nie, maar ook heelparty anderstaliges, ’n voorkeur vir Afrikaanse onderrig uitspreek.
Die teleurstellende uitkoms van die T-opsie-eksperiment was te verwagte. Reeds gedurende die 2005-debat het die plaaslike Black Students Association aangedui dat sy lede die A/E-opsie verkies – studente wat nie Afrikaans verstaan nie wil nie gedeeltelik Afrikaanse lesings bywoon nie. In die destydse ywer om teenstanders van die T-opsie as verstokte wit regses uit te beeld, is lastige feite soos dié geriefshalwe geïgnoreer. Dit is asof sommige wittes nog nie afgeleer het om namens swartes te praat en te besluit nie.

 
Soms word aangevoer dat die T-opsie ’n goeie manier is om ’n bykomende taal te leer. Geen navorsing is tydens die T-opsie-eksperiment hieroor gedoen nie, maar navorsing wêreldwyd het al getoon dat die gebruik van ’n taal as onderrigmedium nie die beste manier is om dié taal oor te dra nie. Trouens, hoe verder studente akademies in hul moedertaal geskool is, hoe makliker bemeester hulle ander tale. Dit is nie toevallig nie dat Suid-Afrika spog met baie Afrikaanssprekende akademici wat maklik in Engels funksioneer – “ten spyte” van hul Afrikaanse opleiding.
Die fakulteit ingenieurswese bied nogmaals ’n alternatiewe model. Ingenieurstudente kan in hul eerste jaar Afrikaans of Engels kies (A/E-opsie), maar ook ’n taalvaardigheidskursus in die ander taal deurloop. Teen die tweede jaar kan hulle dan in Afrikaans (A-opsie) klas loop, maar ook, byvoorbeeld, Engelse boeke gebruik. Toetse en werkopdragte word in hul voorkeur taal geskryf.
Dis ook die antwoord op die beswaar dat die A/E-opsie kwansuis “apartheid” veroorsaak: Behalwe dat studente buite klasverband sosiaal kan verkeer, geld die A/E-opsie in dié fakulteit slegs in die eerste jaar?– daarna is klasse gemeng.
Dis buitendien ’n wanvoorstelling dat ’n Afrikaanse klas wit, en ’n Engelse klas swart, sal wees. Schlemmer se opname toon dat die meeste bruin Afrikaanssprekendes, en heelparty anderstaliges, Afri­kaanse on­derrig verkies. (Dit bly merkwaardig dat juis universiteite so min waarde aan navorsing heg en verkies om beleid op aannames te baseer.)
Verder vereis die T-opsie dat dosente wat dit gebruik, albei tale beheers en dat hul studente albei ten minste verstaan. Dit impliseer dat slegs tweetalige personeel aangestel, en tweetalige studente gekeur, moet word – ’n struikelblok vir diversiteit.
Daarom het ek onlangs op my blog, Veelskrywer, die jongste raadsbesluit verwelkom. Benewens argumente teen die T-opsie, is ek daardeur bemoedig dat, na berig is, die raadsbesluit “eenparig” geneem is. Intussen het ’n aantal dinge egter aan die lig gekom wat potensieel ’n kwalifikasie hierby kan vereis.
Uit die fakulteit lettere en wysbegeerte, blyk dit, is daar weerstand teen die raadsbesluit en word beweer die fakulteit is nie geraadpleeg nie. Hoewel ek nie die mening deel dat akademici ’n vetoreg op universiteitsbeleid moet hê nie (omdat hul belange en voorkeure nie altyd met die universiteit s’n saamval nie) behoort hulle darem geraadpleeg te word.
Kommerwekkend is verder dat, in ’n persverklaring op die US-webwerf, bykomende besluite aan die raad toegedig is wat deur sekere raadslede ontken word.
Luidens dié verklaring sal die fakulteite wat die A/E-opsie in die eerste jaar gebruik “ook toegelaat word om uitbreiding van parallelmediumonderrig na die tweede jaar .?.?. te oorweeg .?.?. of anders dubbelmediumonderrig .?.?. in senior studiejare”. Waar die A/E-opsie dus nie voortgesit word nie, sal die T-opsie geld!
Meer nog: “Waar parallelmediumonderrig nie haalbaar of bekostigbaar is nie in kleiner fakulteite of departemente .?.?. sal dubbelmediumonderrig gevolg word.”
As dit ’n akkurate weergawe is, beteken dit dat, hoewel op eerstejaarsvlak van die T-opsie afgesien word, dié opsie in die latere studiejare uitgebrei word (selfs in fakulteite waar dit nog nie gebruik is nie) – ’n raadsbesluit met ’n Janusgesig! Dit beteken ook die A-opsie verdwyn heeltemal – in stryd met die taalbeleid.
Dr. Marié Heese, ’n US-raadslid, bestry in ’n lesersbrief (DB, 06.03.09) hierdie weergawe. Volgens haar is besluit dat “?’n klein subkomitee .?.?. ná onderhandeling aan die raad terugvoer sou gee oor die model vir kleiner fakulteite .?.?. asook die opsies vir die tweede en derde jaargange van die groter fakulteite, sodat ’n finale besluit geneem kon word”. Dit is deur ’n ander raadslid bevestig.
(Intussen blyk dit dat ander fakulteite as lettere en wysbegeerte ook reeds stil-stil, sonder toestemming, die T-opsie op groot skaal ingevoer het X dermate dat die A-opsie-modules van 65% na 39%, en die totale Afrikaanse aanbod in alle modules van 80% na 56%, gedaal het. Dit sal dringend reggestel moet word.)
Iets het dus skeefgeloop met die kommunikasie van die raadsbesluit. In belang van Afrikaans en die universiteit hoop ’n mens die bykomende besluite is verkeerdelik aan die raad toegedig en dat die subkomitee se voorstelle eers oorweeg sal word.
Ek meen die taalbeleid kan aansienlik vereenvoudig word om die posisie van Afrikaans te beveilig én maksimaal ruimte te laat vir ’n verskeidenheid van onderrigmodelle.
Die universiteit kan eenvoudig besluit dat die volle kursusaanbod (of ’n vasgestelde persentasie daarvan – byvoorbeeld 80%) in elke fakulteit in Afrikaans beskikbaar móét wees, maar dat kursusse ook in ’n ander taal aangebied mág word. Waar ’n ander taal gebruik word, kan dit deur die A/E-opsie (of, byvoorbeeld, die A/X-opsie – Afrikaans en Xhosa) gedoen word, maar selfs die T-opsie kan gebruik word – mits die betrokke dosent en studente oor bewese vaardigheid in albei tale beskik. Nog ’n moontlike model is om tolkdienste met die A-opsie te kombineer.
Elke fakulteit behoort ook ’n verpligte minimum-persentasie nagraadse kursusse (byvoorbeeld 50%) in Afrikaans aan te bied, nogmaals sonder dat “Afrikaans” noodwendig “slegs Afrikaans” beteken.
Die gedagte dat daar iets onbehoorliks aan kleef dat die US primêr Afrikaans is – veral gesien sy ligging in die Wes-Kaap, waar Afrikaans die meerderheidstaal is en twee ander universiteite Engelstalig – is, soos prof. Neville Alexander dit ’n keer gestel het, “eenvoudig belaglik”.

 

Here, mother tongue clashes with her mother’s tongue - 8/03/2009

The Times

Mamphela Rampele

Ultimately, our children pay the price for the constant erosion of African languages, says Mamphela Ramphele
Can you imagine a French child arriving at preschool being greeted by a teacher in broken English? Or a child in grade 1 being taught in English by a teacher who is not proficient in the language because her mother tongue is French?

 

Welcome to the daily reality of indigenous African language teaching in post-apartheid South Africa. If language is not only the medium of communication, but also a means of cultural heritage transmission between generations, how are our children to know who they are and what heritage they bring to South Africa’s diversity?
South African Airways, the national carrier, must be one of few state-owned airlines on which passengers are not greeted in a dominant indigenous language. African language use is restricted to one line or phrase, almost as an afterthought: Hambani Kahle! Tsamayang hantle!

Contrast this with Egypt or Kenya Airways, where one is welcomed and taken through safety procedures in their dominant indigenous languages, Arabic and Swahili, respectively.
If it was not so tragic, it would be comical how many African journalists at our national broadcaster, the SABC, pronounce their own and their colleagues’ names in an Anglicised manner. Tebogo, Tshepiso and many others become unrecognisable utterances as our young professionals roll their tongues awkwardly around names that should come naturally.
There seems to be a growing trend to downgrade the importance of indigenous languages in all walks of life in our young democracy. English has become the language of political discourse inside and outside parliament. Imbizos in some of the remotest areas of our country have been, over the last decade or so, largely conducted in English. Elites, young and old, seem to equate sophistication with the use of English with as much of a non-African accent as possible.

What accounts for this trend?
First, our constitution fudged the language issue by declaring all 11 languages as official. This allowed for English to be the de facto dominant official language even though, numerically, Zulu and Afrikaans are spoken by many more people at home than English.

English has the advantage of being the international language of commerce and politics. But have we ever asked ourselves why Chinese and Japanese political leaders insist on using their indigenous languages? They talk through interpreters, although they understand and speak English very well. They are asserting their sovereignty as nations that are proud of their heritage. What about us?
Second, our education authorities have ignored the basic principles of learning in creating a post-apartheid framework for the choice language of instruction. There is overwhelming evidence that learning through the first language or mother tongue helps to anchor learning in the child’s immediate environment: family, community and everyday interactions. Children who are taught in the first few years in their mother tongue, while other languages are introduced as subjects, tend to become more proficient in all languages. It provides the anchor for better and deeper learning by linking it to everyday life and one’s own identity.
Few people would advocate mother-tongue instruction all the way up the education tree, given the underdeveloped nature of many of our indigenous languages. But recent educational practice has created a tragic situation in which most teachers and pupils in poor schools do not have adequate command of any of the 11 official languages to be able to function well in society.

The performance of our primary school children in numeracy and literacy is in many ways a result of the misguided language policy implementation. The World Economic Forum’s 2008 Competitiveness Report places us 132nd out of 134 countries in maths and science. Our own systematic evaluation shows that, in 2007, numeracy levels among grade 3 pupils were 36%, while only 15% passed both numeracy and literacy tests.
Third, there is the misuse of democracy in implementing our language of instruction policy. Why put poor, illiterate parents in the invidious position of making a decision of such paramount importance without giving them all the available educational facts about the risks and opportunities of each choice?

It is not surprising that parents of children in a rural North West or Limpopo school would opt for English or Afrikaans as preferred mediums of instruction in preschool. After all, they can see that the successful people are the ones who speak those languages, so why would they not want their children to join this path to success?

What is missing in the choices put to parents is a discussion about the fact that the pathway to proficiency in any language is made much easier by building on the self-confidence bestowed by pride in one’s own language and cultural heritage.
Our current approaches alienate children from their cultural roots and make parents’ participation in the education of their children difficult. How can they participate in a process in which their primary medium of communication is rendered irrelevant? How can they help their own children learn when the language of instruction becomes a barrier to communication from the first day of school?

An even more profound impact of this language policy is the undermining of the parental authority so essential to shaping the values and world-view of children at this stage of their development. Why should children respect parents who only speak a devalued language?
South Africa is not alone in undermining indigenous African languages. Professor Pai Obanya, a retired Nigerian education strategist, suggests that education in Africa tends to alienate elites from their roots and undermine their capacity to be effective agents of change to promote sustainable development. “Education is mainly about acculturation, to be learned is to be cultured. .. Starting off an acculturation process with non-first language tends to . .. lead to a situation in which the person could become knowledgeable but not cultured, and developing a feeling of belonging nowhere.”
Elites in Africa are contributing to this trend by educating their children in private schools, where the teaching of indigenous African languages is minimal. Many see the inability of their children to communicate in their mother tongue as a badge of honour.

I never thought I would hear my fellow professionals saying without any touch of irony: “Thabo cannot hear what you are saying. He only speaks English.” Or proclaiming proudly that their daughter cannot play with her cousins because she cannot understand “their language”.
The overall impact of the misguided policy on the language of instruction in our education system is leading to a slow death of African languages. Not only are our children not exposed to these languages early on in school, but the quality of language teaching has been substantially degraded.

The curriculum requirement for languages set the bar so low that few would fail to get high marks — but they remain largely ignorant of the richness and nuances of the language.

The experience my generation had of wrestling with African idioms, proverbs and challenging texts and grammar is a distant memory. The classical novels we read as students are out of print and few new ones have been published.

Publishers have long given up on African language publications because of weak demand.
African language departments in our higher education institutions are dying because of a lack of interest by students and academics. Parliament is hopelessly behind schedule in translation services for Hansard because of a dearth of translators, not to mention the challenge of making court proceedings substantively accessible to indigenous African language speakers, in line with our constitutional commitments. A travesty of justice is being played out in our national life.
This language question requires leadership to elevate it to a key public-interest issue. We need the government to make an unambiguous commitment to halt the slow death of our indigenous languages. Promoting their use should start with our president and his cabinet.

Education authorities should do a better job than to pass the buck to poor communities to make a Hobson’s choice. Careful, progressive introduction of other languages, on a firm foundation of mother tongue in the first few years of school, will align learning to the cultural heritage of learners and promote the greater participation of parents in the learning of their children and support for schools.

Business and other leaders in civil society have a responsibility to keep this rich heritage alive, too. BEE beneficiaries should help to salvage the rich African cultural heritage that is at risk of being lost in the next few generations.

Church leaders also have a role to play to ensure that the beauty of our religious idioms and hymns are not lost.
I can only hope that we can all wake up before something beautiful dies on our watch. No nation can succeed in building a prosperous democracy without mobilising the heritage, talents and pride of its people.

Ubuntu (humanity to others) and Batho Pele (people first) as values of our society can only thrive if anchored to a firmer cultural heritage base. To leverage South Africa’s rich diversity of languages is key to our success.
Ramphele is a South African academic, businesswoman and medical doctor

Persvrystelling van die ATR (Afrikaanse Taalraad)

AFRIKAANSE TAALRAAD
Aktief Aktueel Afrikaans

Aksie van die burgerlike samelewing met verteenwoordigers van die
NTLA (Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans) en ondersteun deur PanSAT
Die sekretariaat van die ATR word behartig deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

6 Maart 2009
PERSVERKLARING

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), wat 40 organisasies en om en by 450 000 Afrikaans¬gebruikers verteenwoordig, neem met versigtige optimisme kennis van die Universiteit Stellenbosch (US) se onlangse besluit om parallelmediumonderrig in die eerste studiejaar by die grootste fakulteite aan die universiteit in te voer.

Ons is oortuig daarvan dat die voortsetting van die huidige dubbelmediumbeleid (die “T-opsie”) nadelig vir Afrikaans en sy sprekers sou wees, aangesien dit nie met toepaslike taalvereistes aan doserende personeel en studente gepaard gegaan het nie en dus tot uiteindelike verengelsing sou lei. Daarom verwelkom ons die besluit om van die huidige praktyk af te stap. Ons verwelkom ook die gees waarin die besluit geneem is.

Ons optimisme word wel getemper deur die moontlikheid wat oopgelaat word dat die T-opsie in sy huidige vorm steeds in die tweede en derde jaar gebruik kan word. Parallelmedium of onderrig in slegs Afrikaans (gepaardgaande met ‘n taalverwerwingskursus vir studente en personeel en/of die gebruik van tolkdienste) is ongetwyfeld ook vir dié studiejare verkieslik. Ons is ook besorg oor die plek van Afrikaans ten opsigte van nagraadse kursusse, administrasie en navorsing, en versoek die universiteitsbestuur om met konkrete strategieë te voorskyn te kom ten einde Afrikaans op alle vlakke van die akademie lewenskragtig te hou.

Ons versoek die US-raad om die nodige navorsing te doen, en die nodige finansiële en ander hulpbronne beskikbaar te stel, om te verseker dat die gekose taalstrategie nie tot die afskaling van Afrikaans aan die universiteit lei nie, aangesien die vrees dat dit gebeur nie denkbeeldig is nie.

Ons is van mening dat, gesien sy geografiese ligging, die US hom in die eerste plek as ‘n Afrikaanse universiteit moet posisioneer en veral ‘n sleutelrol moet speel om toegang tot hoër onderwys aan agtergestelde Afrikaansgebruikers (eerste- én tweedetaalsprekers) te vergemaklik.

Ander tale kan wel aanvullend gebruik word vir sover dit nie die posisie van Afrikaans aan die US in gedrang bring nie. So ‘n onbeskaamde voorkeur aan Afrikaans is heeltemal versoenbaar met, en word selfs vereis deur, ‘n verbintenis tot toeganklikheid en diversiteit asook akademiese uitnemendheid. ‘n Duidelike verklaring in hierdie verband deur die US-raad sal verwelkom word.

Ons wens die US alle sterkte toe met die verdere inwerkingstelling van sy beleid, en stel onsself beskikbaar om met die universiteitsbestuur hieroor in gesprek te tree.

Prof W Carstens (Voorsitter)
Tel. 018-299-1552 / 082-412-1322
E-pos:  Wannie.carstens@nwu.ac.za