Afrinetwerk

Toespraak: Dr. Danie Langner
8 Augustus 2011, Bloemfontein

Die bekende verhaal word vertel van die beroemde vioolmeester Paganini wat voor ‘n groot gehoor opgetree het. Terwyl hy speel het een van die snare van sy viool gebreek, maar hy het aanhou speel en geïmproviseer. Toe breek ‘n tweede snaar en toe ‘n derde. Met een heel snaar het Paganini die uitvoering voltooi. Nog voor hy klaar was, was die gehoor op hulle voete met ‘n luide applous.

Paganini en een snaar en ‘n gees wat nie wou moed opgee nie. Dit het die verskil aan daardie komposisie gemaak. Paganini leer ons ‘n belangrike lewensles. In die lewe gaan dit slegs 10% oor die dinge wat met jou gebeur en 90% oor jou reaksie op dit wat met jou gebeur het. Dit gaan nie soseer oor die snare wat jy verloor het nie, maar oor dit wat jy oor het en hoe jy dit gebruik.

Laat ons vanaand eerlik wees dat ons dikwels sukkel om dit te verstaan. In hierdie dae is daar baie mense wat snaarstyf gespan is weens werksdruk, finansiële druk, bekommernis, spanning, depressie, moedeloosheid. Vir ‘n arm persoon is dit dubbel so erg. Hulle beleef nie net bekommernisse, moedeloosheid alledaagse spanning nie, maar ook ‘n verlies aan ondersteuningsnetwerke, ‘n verlies aan menswaardigheid en ‘n verlies aan toekomshoop.

Tania du Toit beskryf dit treffend in haar gedig “‘n Kind se dagbreek”:

die son kom op deur honger kinderoë

agter sink luike en gebreekte glas

waar wakker wees en daglig die vroeë

einde van ‘n mooi droom was

iewers in die nag was daar ‘n droom

agter veilige deure met grendels vas

van lag en speel en klouter in ‘n boom

van die lekkerste kos in ‘n kas

die son kom op deur honger  kinderoë

-toeklapvensters teen die wind-

en waai rommelreënboë

klein flertsies vergeet

nes ‘n vlieërstert se lint

en iewers vannag sal nog ‘n droom

alleen loop sonder grendels of pas

kom klop en ‘n kind wegdra in sy warm jas

na die son- en speelkant van die wind

en hom daar ‘n hoogvliegvlieër laat vind

Dames en Here, daar is te veel kinders in ons land vir wie daglig die einde van ‘n mooi droom is.

‘n Droom van speel en lag en klouter in ‘n boom. ‘n Droom van die lekkerste kos in ‘n kas.

Dit moenie nodig wees dat die skerp Afrika-son drome in honger kinderoë doodbrand nie… Die realiteit van daglig hoef nie die vroeë einde van ‘n mooi droom te wees nie.

Ons het baie verloor, maar ons het ook baie oor. Afrikaners het deur die eeue kulturele kapitaal versamel waaruit vandag nog geput kan word:

In die dertigerjare, te midde van verstedeliking, die verwoestende droogte en die wankelende wêreldekonomie, het Afrikaners instellings soos die Voortrekkerbeweging, die  ATKV en die SA Noodhulpliga gestig, het hulle die Bybel in Afrikaans vertaal, Afrikaanse skole en universiteite gebou, Afrikaanse boeke, tydskrifte en poësie geskryf en die Eeufees van die Groot Trek gevier. Vandag is daar nog steeds dinamiese selfdoen-instellings waarin Afrikaners nuwe betekenisgrondslag en idees ontwikkel vir ‘n billike voortbestaan in Afrika.

Soms verstik ons aan al die  Engelse verbs en tenses en soms snak ons na ons asem in Afrikaans, maar terselfdertyd was Afrikaanse musiek nog nooit so gewild soos nou nie; is Afrikaanse films soos Liefling, Roepman en Susanna van Biljontreffers; word ‘n nuwe Afrikaanse teater met ‘n huldeblyk aan Mannetjies Roux geopen; word ‘n Afrikaanse fees in Amsterdam gehou.

Universiteite verengels, maar terselfdertyd word ‘n nuwe Afrikaanse kampus deur die Solidariteit Beweging gebou.

Armoede neem toe, maar Helpende Hand-takke is landswyd soos die Reddingsdaadbond van ouds besig is om selfdoen-oplossings in hulle gemeenskappe implementeer.

Miskien is die belangrikste dat ons die waarde van ons geskiedenis herontdek. Dat ons al meer in staat is om verder terug te kyk as apartheid en krag daaruit vir die toekoms te put.

Na afloop van die Anglo-Boereoorlog was die Vrystaat en Transvaal tot as verbrand weens die verskroeide-aarde-beleid. Die jong dominee Kestell vertel toe hy in Ficksburg aankom, was hy verstom oor die verwoesting. Sowat 270 plase asook die kerkgebou, die pastorie en byna al die huise op die dorp was verwoes. Kestell het later jare dikwels geskryf oor die seer van verliese wat hy in sy tyd as jong predikant in sy gemeente moes hanteer: die hartseer van ouers oor kinders, kinders oor ouers; die seer van verlies van kosbare besittings en erfstukke; die verlies van hoop.

In 1903 het die gemeente besluit om die kerkgebou te herbou en saam met dit ‘n gedenkteken ter ere van die “gesneuwelde helde” op te rig. Die bou van die kerk het gou meer geword as ‘n projek van die kerkraad. Dit het die stukkende gemeenskap se geloofsoë opgelig en die kerkgebou het ‘n monument geword, nie net van diegene wat in die oorlog oorlede is nie, maar veral van die genesing en herstel na die oorlog.

Op ‘n koue Vrystaatse oggend was dit ‘n voorreg om in die skadu van die kerk te staan en iets van die gesindheid te beleef waarna ds. Kestell ook verwys het. Op daardie oomblik het ek iets beleef van vrywilligers…  geraak deur die nood, pyn en verliese, maar wat ook hulle tyd opoffer, planne maak en moue oprol om iets daaraan te doen.

Ek het gedink aan elke Helpende Hand-tak wat weier om moed op te gee met diegene wat voel hulle is deur die samelewing weggegooi.

Vandag bou Helpende Hand-vrywilligers voort op die geskiedenis van die Afrikaner se opstaan teen armoede.

Dankie vir elke Helpende Hand-vrywilliger wat saam met Helpende Hand ‘n storie van HOOP skryf sodat ons kinders en hulle kinders ook sal besef hoe belangrik dit is om aan te hou opstaan en nooit op te hou om met hoop te leef nie.

Dankie vir elke Helpende Hand-tak wat hoop elke dag ‘n werklikheid maak deur ‘n toekoms  te bou aan die suidpunt van Afrika.

Toe ek die oggend uit die dorp ry, het ek by ‘n winkeltjie langs die pad ‘n geroeste stuk blik gekoop waarop geskryf staan: Kom ons doen iets pragtig vir die Here. Ons monumente is vandag meer as sand of steen, want elke arm persoon wat ten spyte van ‘n seer verhaal weer met hoop begin leef en met moed die lewe weer in die oë kyk, is pragtig in die oë van die Here. Elke honger kind wat ons kan help om weer te droom, is pragtig in die oë van die Here. Dít is Helpende Hand se een-snaar-uitvoering van genesing en herstel met ewigheidswaarde.

Sakie 19 november
Geskiedenis word môre in die pragtige Middeleeuse Vlaamse stad Brugge gemaak. Vir die eerste keer sal die Suid-Afrikaanse regering en ’n drietal verteenwoordigers van die Afrikaanstalige burgerlike samelewing by die jaarlikse spitsberaad van die Nederlandse Taalunie verteenwoordig wees.

Die amptelike regeringsafvaardiging staan onder leiding van die adjunkminister van kuns en kultuur, dr. Joe Phaala, en die drie mense uit die burgerlike samelewing is proff. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR), en Stewart van Wyk van die Universiteit van Wes-Kaapland, asook mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.

Ter verduideliking: Die Nederlandse Taalunie, wat in 1980 gestig is, verenig alle Nederlandssprekende lande op regeringsvlak. Die belangrikste lidlande is uiteraard Nederland en Vlaandere, maar ook huidige en gewese Nederlandse kolonies in die Karibiese See vorm deel van die komitee van ministers wat jaarliks byeenkom.

Die taak van die Taalunie is om die Nederlandse taal in die breedste sin van die woord op talle terreine te bevorder, nie alleen binne die lidlande nie, maar ook elders. Soos die Taalkomitee van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns waak die Taalunie oor sake soos ’n gemeenskaplike grammatika en spelling, en koester die taal deur wetenskaplike ondersoek en onderwys en kunsbeoefening in Nederlands te stimuleer.

Tot betreklik onlangs was kontak met Afrikaans as sustertaal heeltemal taboe. Die smet van apartheid het – in die oë van die Lae Lande – soos ’n stinkende albatros om die taal se nek gehang.

In die loop van die negentigs het die Taalunie heel versigtig voelers begin uitsteek. Aanvanklik het dit bloot gegaan om die bevordering van die onderrig van Nederlands op universiteitsvlak in Suid-Afrika, maar weldra is stilswyend erken dat dit ook gedoen kan word op ’n manier wat Afrikaans ten goede kom.

’n Jaar gelede het die deurbraak gekom. Toe het die komitee van ministers besluit om die hoofsekretaris van die Taalunie, me. Linde van den Bosch, te vra om kontak te soek met die Suid-Afrikaanse regering met die oog daarop om Afrikaans op die een of ander manier te betrek.

Blykbaar was die Suid-Afrikaanse regering traag om te reageer, maar nietemin sal ons land tog môre amptelik deur ’n regeringsafvaardiging van vyf man (en drie uit die burgerlike samelewing) verteenwoordig word.

Dié deurbraak kan op talle terreine gesien word. Die Lae Lande is besig met ’n ware herontdekking van Afrikaans – bygesê, ’n aangename herontdekking.

Toe ek ’n paar weke gelede vanaf die lughawe Schiphol vir ’n blitsbesoek aan Suid-Afrika vertrek, kyk die paspoortbeheerbeampte my Suid-Afrikaanse paspoort so en sê nadruklik: “Baie dankie, meneer!” By my terugkeer ’n paar dae later vra ’n ander beampte my: “Is alles reg?”

Let wel, dis Afrikaans. Nie Nederlands nie.

As ’n mens inkopies by ’n tipiese supermark doen, staan die rakke vol Kaapse wyn, dikwels met Afrikaanse etikette, soos “Suid-Afrika. Droë rooi. Volrond en sappig”. Op die pakkies rooibostee is Afrikaanse tekste te lees.

By ’n reisagentskap sien ek ’n plakkaat in die venster: “Suid-Afrika. Jou wil ek sien!” – Afrikaans, nie Nederlands nie.

By twee geleenthede het ek Suid-Afrikaners toesprake in Afrikaans voor Nederlandse gehore hoor hou. Die reaksie? Entoesiasties. Dieselfde het gegeld waar my eggenote – verteenwoordiger van Solidariteit en die ATR in die Lae Lande – en ek Nederlandstalige gehore in sowel Nederland as Vlaandere toegespreek het.

Dis asof die mense skielik regop sit en ervaar: Haai, maar ek verstaan die man as hy praat!

Uiteraard moet ’n mens stadig en duidelik praat, maar as albei kante ’n bietjie moeite doen, verstaan hulle mekaar uitstekend.

Die kontak tussen die twee tale hou slegs voordele in, veral vir Afrikaans. Soos N.P. van Wyk Louw al dekades gelede opgemerk het, bied Nederlands vir ons ’n unieke venster op die wêreld, bykomend tot wat Engels bied. Dit bied ook die geleentheid tot die internasionalisering van die taalstryd, want die steun en simpatie in Nederland en Vlaandere kan ’n belangrike hupsteun vir Afrikaans wees.

Ons sal net moet leer om verder as ons eie ooglede te kyk.

Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.

AFRIKAANS AS ’N TAAL VAN VERSOENING, RESTITUSIE EN NASIEBOU
Klik hier om af te laai

Die ontpolitisering van Afrikaans deur ‘n Nasionale Strategie vir Afrikaans
Bydrae gelewer tydens Roots-konferensie by Universiteit van Wes-Kaapland, 22-23 September 2009

Prof WAM Carstens, Voorsitter Afrikaanse Taalraad (ATR) & Direkteur Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Dames en here

Dit is inderdaad in die hoogs gepolitiseerde omgewing van die nuwe SA nie heeltemal so maklik om te praat oor ‘n onderwerp soos “Die ont-politisering van Afrikaans” nie. As Afrikaans by hierdie onderwerp betrek word, word dan by implikasie gesê dat die gebruik van Afrikaans deur sommige mense reeds as ‘n politieke daad beskou word. Dit het onlangs duidelik na vore gekom in die staat se reaksie op mnr. Cerneels Lourens, ‘n prokureur van Brits in die Noordwes-Provinsie, se aansoek om die nasionale talewet ingestel te kry.  Die direkteur-generaal van die nasionale Dept. Kuns en Kultuur het in sy hofstukke gesê dat die staat nie verkwalik kan word as Afrikaans nie dieselfde status as Engels het nie. Dr Danny Titus (2009) haal mnr. Wakashe soos volg hieroor aan:

Government has taken notice of the dominance of English, particularly in the business and scientific community, and has recognised that for the development of the people of the country it is in the best interest that English be used as one of the official languages for government purposes.  The applicant is essentially seeking for government to elevate Afrikaans to the level of English even though Afrikaans has not been able to establish a wider usage by the business and scientific community. Government cannot be held responsible for the fact that Afrikaans has failed to achieve a status equivalent to that of English.

Dit is interessant dat dit die standpunt is van die regering wat nie sover wil gaan om die Nasionale Talewet ingestel te kry nie.  Die punt is juis dat die nienakoming van die staat se grondwetlike verpligtinge – om naamlik ‘n konteks te skep waarin meertaligheid kan gedy en waarin tale in die land (ook Afrikaans!) gerespekteer en bevorder moet word – tot hierdie soort uitspraak lei. Dit is interessant dat Afrikaans hier by name genoem word en nie ook die Afrikatale nie, want dit is juis hierdie soort siening wat daartoe lei dat Afrikatale nie soos verwag is, weer groei nie.

Prof Ampie Coetzee (2009) het onlangs ook gesê dit kom vir hom voor asof die dood van Afrikaans voor hande is.  Die reaksie was dat dit nie waar is nie en ook nie sal kan gebeur nie, want daar is dan grondwetlike waarborge vir tale.  Die dilemma is dat die grondwetlike waarborge nie nagekom word nie, soos duidelik blyk uit talle hofsake sedert 1995 waarin Afrikaans en ook ander tale se taalregte geskend is.  Ampie vra heel tereg hoekom moet daar elke keer hof toe gegaan word as ‘n reg vir Afrikaans opgeëis wil word?

Maar wanneer ‘n organisasie ‘n klag lê oor die ondermyning van Afrikaans, moet die klag hof toe gaan, en dan waarskynlik ook appèlhof toe. Wie betaal? Ons kla dan maar net. Ons oueres is ook klaar baklei: vanaf 1875 was dit opdraand vir die erkenning van Afrikaans.

Prof Vic Webb wys in ‘n vroeë artikel (1997: 227) daarop dat die taalsituasie in SA al lank gepolitiseerd is:

‘Dit geld veral vir Afrikaans wat onder die vorige bewind sterk bevoordeel is, en wel in so ‘n mate dat dit geassosieer is met apartheid en dat dit beskou is as taal van die onderdrukker.’

Die geskiedenis is hieroor ook duidelik en wys uit dat Afrikaans die stigma dra (gedra het?) van die onderdrukkende taal, en hiermee is ‘n mens pens en pootjies in die politiek van SA.  ‘n Joernalis, J Rantoa, het in 2005 in die Cape Times gesê Afrikaans verdien geen spesiale behandeling nie:

“So, what is special about Afrikaans? Why is this language being treated as something special and accorded a status higher than the other 10 official languages of this country?  The truth is that there is nothing special about Afrikaans.  It is a language like any other.  The only ‘special’ thing about it is that it was the official language of a racist regime which tried, unsuccessfully, to ram it down the throats of all South Africans. Other than this infamous historical significance, Afrikaans is not special and should be treated as such.”

Prof Christo van Rensburg het wel reeds in 1989 uitgewys dat ‘n taal nie die gevolge kan dra vir die foute van sy sprekers nie.  ‘n Taal kies nie sy sprekers nie, maar die mense wat dit gebruik, kies dit omdat daar kommunikasie moet wees. Dit geld vir enige taal. Ampie Coetzee sluit weer hierby aan:

In Afrikaans is daar dinge gesê, en Afrikaners het dinge gedoen, in die verlede wat afskuwelik was. Maar dis nie Afrikaans die taal nie. Hoeveel keer moet dit gesê word? Ek is seker van die aggressie teen Afrikaans bestaan uit onkunde oor ‘n taal. As daar ideologieë ontstaan in ‘n spesifieke taal, is dit nie die taal self wat dit doen nie. Daar kan dus geen diskriminasie teen enige taal wees nie. As Afrikaans gesien is as die taal van die onderdrukker, dan is Engels, Duits, Frans, Russies ens ook die tale van onderdrukkers. Dít is ook al oor en oor gesê.

Miskien moet ons nou ‘n slag hierdie saak agter ons kry en aangaan met dit wat ons as sprekers van die taal met die taal wil doen in die post-1994 Suid-Afrika.  Die gevaar is dat ons so verstrik kan raak in die verlede dat ons nie die moontlikhede van die toekoms eens begin ontgin nie.  By ‘n onlangse konferensie oor sosiale samehorigheid op Stellenbosch (vgl. Venter 2009) het prof Russel Botman, rektor van US, gewaarsku teen die neiging om vas te val in die verlede omdat ons so vasgevang is tussen twee lande, te wete die land van die verlede en die land van die more. “Ons stry met die verlede en die toekoms.  Ons hoor so baie van die land in die verlede, tog so min oor die land van more. Ons kan nie voortbeweeg as ons nie tussen dié lande vassit nie.” Tydens dieselfde geleentheid het dr. Mamphela Ramphele gesê dat ons wel op ‘n manier van die ‘psigologiese littekens’ van die verlede (bedoelende apartheid en die skade wat dit in die land en in menseverhoudinge veroorsaak het) ontslae behoort te raak en ons kan dit doen deur te praat oor die verlede – “Om oor dié spoke te praat, is ‘n essensiële stap om hulle te laat rus. Gesprekke is nodig.” Dit is ook die geval tydens hierdie Roots-konferensie. Op hierdie wyse begin ons die foute van die verlede verwerk en kan ons aanbeweeg sonder om regtig die verlede agter te laat.

In 2000 het ek by ‘n kongres in Berkeley in die VSA, voorgestel dat ons behoort te begin beweeg in die rigting van ‘n objektiewe geskiedenis van Afrikaans – ‘n geskiedenis waarin ons die volle verhaal van Afrikaans moet vertel (met sy vratjies en vrot kolle en al).  Dit sal inhou dat ons ook gebeure in perspektief begin plaas en ook moet begin wegbeweeg van die persepsie dat Afrikaans ‘n verdrukkende taal is.   Ons weet van Soweto 1976, maar die vraag is altyd of Afrikaans werklik die druppel was wat die spreekwoordelike emmer laat oorloop het?  Toe ek by die bogenoemde kongres sê dat ons die volle verhaal van hierdie tragiese gebeure moet vertel, naamlik dat hoofsaaklik aspekte soos o.a. Bantoe-onderwys en die paswette (vgl. Steyn 1980, 2000; Pienaar 2004), ook daartoe bygedra het, is ek daarvan beskuldig dat ek politiek praat.

Hierbo is pas gesê – en dit is elders al by herhaling gesê – dat ‘n taal nie die skuld kan vat vir die foute van sommige van sy sprekers nie.  Gerrit Brand het in ‘n meningstuk gesê dat daar ook onthou moet word dat nie alle ‘blankes skuldig was aan apartheid nie’ (Brand 2009).  Die feit dat ‘n minister gesê het dat Afrikaans gebruik moet word as medium van onderrig in Soweto (Steyn 2000, Pienaar 2004), impliseer nie dat alle Afrikaanse sprekers so dink nie en dat alle Afrikaanse sprekers noodwendig onderdrukkers is nie.  Dit was wel die vonk wat die politieke kruitvat laat ontplof het en die geskiedenis wys wat die uitkoms van die hele proses was. Die woede was toe gemik teen die wit sprekerskorps van Afrikaans.  Daar was dus kollektiewe woede teenoor alle wit mense wat Afrikaans praat (Brand 2009).  Afrikaans is wel ook gebruik om SA te bevry – die geskiedenis wys dit ook uit (vgl. ook Steyn 1980, Brand 2009).  Ronel van Oort, ‘n doktorale student van my, het onlangs ‘n studie hieroor voltooi, ‘n studie oor die verdelende, maar ook gedeelde verlede van Afrikaans en hoe ons te werk kan gaan om nou na die toekoms te begin kyk.  Oor hierdie studie is ek opgewonde, want hierin kry ons ‘n aanduiding van hoe ons vorentoe kan gaan.

Wat probeer ek dus vir u sê?  Ek sê dat Afrikaans se verlede nie altyd ewewigtig geoordeel word nie en dat ou koeie nog konstant uit die sloot gehaal sal word (vgl. Carstens 1994), soos in die woorde van Rantoa en van mnr. Wakashe hier bo. Die tyd is waarskynlik nou ryp om hierdie verlede agter ons te begin sit sodat ons kan aangaan om te besin oor Afrikaans se rol in die SA van 2009, oor die Afrikaans van 2059, soos in die studie van Ronel van Oort (2008) uiteengesit .

Ek wil daarom vir die res van my spreekbeurt kortliks verslag doen oor ‘n proses waarby ek betrokke is en wat ten doel het ‘n inklusiewe Afrikaans, ‘n Afrikaans wat verteenwoordigend is van sy volle sprekerskorps.  Hierdie proses, wat bekend staan as ‘n Nasionale Strategie vir Afrikaans, het ‘n aanvang geneem in September 2003 en nou, meer as ses jaar later, kan met vrymoedigheid gesê word dat daar reeds ver op hierdie pad gevorder is.  Ons is natuurlik nog nie daar dat ons kan sê hierdie beweging betrek die volle sprekersgemeenskap van Afrikaans nie, maar daar is goeie vordering in daardie verband.  Eers as die regses van ons tyd spontaan hierby betrokke raak en glo aan ons doelwitte en meewerk aan die waarmaak van ons strewes, kan ons praat van ware versoening.

Dr. Christa van Louw het in September 2003 tydens ‘n FAK-simposium in Pretoria gesê dat so ‘n nasionale strategie kan dien as instrument van versoening in die histories verskeurde Afrikaanse gemeenskap. Dit moes nie net ‘n strewe bly om Afrikaans te bevorder nie, maar dit moes ‘n strewe word wat die Afrikaanse gemeenskap sou saamsnoer om die ideaal van ‘n waarlik inklusiewe liggaam wat Afrikaans se belang die beste sou dien (die hele proses sedert 2003 is deeglik opgeteken in ‘n reeks boeke onder redaksie van Karel Prinsloo – vgl. Prinsloo (red.) 2004, 2006a, 2006b, 2008a, 2008b). Die proses is vorentoe geneem deur ‘n Voortsettings¬komitee, wat in die loop van 2004 die historiese Eerste Nasionale Afrikaanse Taalberaad (in Augustus 2004) op Stellenbosch gereël het. Die vertrekpunt vir die beraad was ‘n taalbestekopname (algemeen bekend as die taaloudit) wat gegewens versamel het oor Afrikaans se sterk en swak punte en aan die hand waarvan gepraat en besin is.

Die beraad self was ‘n sukses, maar dit was duidelik dat die verlede nog nie begrawe was nie toe daar wrywing ontstaan het aan die einde, en dit was tussen wit en bruin. Agterna beskou, was dit waarskynlik die keerpunt in die proses wat ons gebring het tot waar ons vandag met die Afrikaanse Taalraad (ATR) is. Daar is hard met mekaar gepraat en dit was duidelik dat daar agter die skerms hard gewerk sou moes word om verskille uit die weg te ruim (vgl. Carstens 2006).

Ek kan self getuig van ‘n uiters openbarende gesprek met Christa van Louw in November 2004 wat aan die een kant my eie skromelike onkunde oor die gevolge van apartheid openbaar het en my beskaamd gelaat het oor die aandeel wat ek daaraan gehad het, maar ook gehelp het om mekaar reguit in die oë te kyk.  Ek moes leer om te luister en dit was die boodskap wat ek kon uitdra: kom ons praat oor die verlede en probeer sodoende mekaar verstaan deur te luister na standpunte en wrewel.  So bou ons op individuele vlak ook versoening en hiervandaan kan dit uitsprei na ander, na die wyer gemeenskap (Brand 2009). Dit sluit aan by dr. Ramphele se siening dat ons moet volhou om oor die spoke te praat, want dit is reeds ‘n belangrike stap om hulle te laat rus.

Twee jaar lank het ons hard gewerk om die klowe te oorbrug en ‘n mens kan waarskynlik sê dat daar met die aanbied van die Tweede Nasionale Afrikaanse Taalberaad (in Februarie 2007) in Pretoria al ‘n mate van versoening plaasgevind het. In hierdie proses is ‘n taalplan opgestel wat as riglyn gedien het vir die bestuur van die proses.  Uit die taalplan het die interimliggaam, die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA), ontwikkel wat die proses bestuur het tot en met die uiteindelike stigting van die ATR in Mei 2008 in Wellington.

Die ATR het pas in Augustus 2009 sy eerste algemene jaarvergadering in Pretoria gehou en daar kan gerapporteer word dat die ATR stewig op koers is om die taak te verrig wat aan hom opgedra is deur meer as 40 Afrikaanse organisasies – word ‘n liggaam wat die volle Afrikaanse sprekersgemeenskap verteenwoordig en praat dan namens die versoende Afrikaanse gemeenskap.  Op die laaste bestuurs¬vergadering van die ATR is indringend besin oor hoe ons as liggaam die versoening sigbaar gestalte kan gee en ek kan vandag berig dat ons op positiewe stappe in hierdie verband besluit het. Ons glo dit sal help om politieke grense te help oorbrug en die fondament van versoening te bou. Ons hoop dat deur ons beskeie bydrae daar ‘n heelmaakproses sal deurloop. Ons kan nie en gaan ook nie vergeet wat in die verlede skeefgeloop het nie – soos prof Nico Botha, teoloog van UNISA, sê (Botha 2009): ons moet nie toegee aan die versoeking om óf net in die verlede te leef óf net na die toekoms te kyk nie.  Die vraag is hóé ons die verlede onthou sodat ons dit as basis kan gebruik vir ‘n toekomsvisie. Ons moet dus waak teen verknegtende herinnering en eerder fokus op verlossende herinnering. Dit het die potensiaal om mense te bevry en te verander “as hulle begin onthou wie hulle eintlik met mekaar en vir mekaar kan wees in Suid-Afrika”.

Ek het vandag aan u iets probeer vertel van die hartseer verlede van Afrikaans, van die stigma wat steeds daar lê, maar ek het ook vertel van wat ons as ATR gaan doen om seker te maak dat daar werklik versoening in eie geledere plaasvind.  Ek dink ons doen goed vir die kort tyd van ons bestaan, en ek is seker u sal dalk ook so dink na wat ek vandag oorgedra het. Die verlede sal altyd met ons wees en ons sal moet leer om dit te hanteer. My pleidooi namens die ATR is dat ons nie noodwendig die onregte moet vergeet nie (ons kan en durf ook nie, want dit het ons verdeel as taalgemeenskap), maar die ATR glo ook dat ons ook vorentoe moet kyk en gefokus moet bly op ons rol in die SA van vandag, en die SA van 100 jaar vorentoe.  Ons moet aan Ampie Coetzee bewys dat hy verkeerd is dat die einde van Afrikaans in sig is en dat dit moontlik is om in Nico Koopman (2009) se woorde ‘n waarlik “transformerende Afrikaans” tot stand te bring.  Kom ons lééf dus die politiek reg!  Kom ons maak ‘n bydrae om die Afrikaanse taalgemeenskap weer heel te maak.

Flip Buys het by geleentheid gesê:

“Die Afrikaanse gemeenskap moet verantwoordelik¬heid aanvaar vir sy eie toekoms en self aktief daaraan begin werk.  Nie in isolasie nie, maar saam met geleentheids-vennote waar nodig en waar moontlik.  Dit help nie om aan ‘n afhanklikheids- of onttrekking¬sindroom te ly nie.  Die verlede gaan nie terugkom nie, die hede gaan nie weggaan nie en die toekoms laat nie op hom wag nie.”

Daar wag dus werk op ons. Die ATR pak hierdie uitdaging moet erns en met oortuiging aan en ons kom vra die lede van die Afrikaanse gemeenskap en ook die buitelandse verteenwoordigers wat hier aanwesig is, om dit saam met ons te kom doen.

Dankie!

Geraadpleegde bronne

Botha, N 2009. “Om weer heel te maak.”  Beeld, 28/09/2009, bl. 12.

Brand, G 2009. “Het verzoeningsdiscours in Zuid-Afrika.” http://www.litnet.co.za Onttrek 07/09/2009.

Carstens, WAM 1994.  Om ou koeie uit die sloot te grawe: is daar lesse te leer uit die verlede? – Enkele kantaantekeninge.  Literator 15(2): 16-33.

Carstens, WAM 2006. Die breë Afrikaanse debat (1994-2005): enkele temas en inisiatiewe. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 48(2).  Supplement Moedertaalonderrig]

Coetzee, A 2009. Minderheidstale – verdwynende take.  Die gedagtes van ‘n bittereinder. http://www.litnet.co.za Onttrek 15/05/2009

Du Plessis, H & LT du Plessis (reds.) 1987. Afrikaans en Taalpolitiek: 15 Opstelle. Pretoria: HAUM-Opvoedkundige Uitgewery.

Giliomee, HB & L Schlemmer (reds.) 2001.  Kruispad. Die toekoms van Afrikaans as openbare taal.  Kaapstad: Tafelberg.

Koopman, N 2009. Transformerende Afrikaans. Die 3de Mathews Phosa-lesing by die Afrikaanse Taalmuseum, 12 Augustus 2009.

Pienaar, L 2004. “Die Soweto-onluste van 16 Junie 1976 en die gevolge daarvan vir Afrikaans”, in: Van Rensburg, FIJ (red.) 2004. Afrikaans – lewende taal van miljoene.  Pretoria: Van Schaik. (bl. 133-141)

Prinsloo, Karel (Projekleier) 2004. Verslag van ‘n taaloudit oor Afrikaanse taalprojekte, verenigings en energieë, 2004. Verslag gereproduseer deur Rapport en versprei tydens die Afrikaanse Taalberaad in Stellenbosch, 25-27 Augustus 2004.

Prinsloo, Karel (red.) 2006a. Op pad na ‘n Taalstrategie vir Afrikaans. Verslag gereproduseer deur Content Solutions en versprei deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Maart 2006.

Prinsloo, Karel 2006b. “Towards a language strategy for Afrikaans: the process before, during and after the Afrikaans Language Indaba of 2004 in Stellenbosch”, in: Webb, Vic & Theodorus du Plessis (eds) The politics of language in South Africa. Pretoria: Van Schaik.

Prinsloo, Karel (Projekleier) 2007. Opname oor Afrikaanse projekte en aktiwiteite op ‘n plaaslike munisipale vlak in Suid-Afrika, 2006. Ongepubliseerde navorsingsverslag versprei by die Tweede Afrikaanse Taalberaad, gehou in Pretoria op 23 en 24 Februarie 2007.

Prinsloo, Karel (red.) 2008a. Die Afrikaanse “ons’’ en die nodigheid van ‘n Afrikaanse Taalraad. Verslag gereproduseer deur CRINK en versprei deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, April 2008.

Prinsloo, Karel (red.) 2008b. Die Afrikaanse Taalraad kom tot stand. Verslag gereproduseer deur CRINK en versprei deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, November 2008.

Rantoa, J 2005.  “Government should do away with Afrikaans medium schools.”  Cape Argus, 23/02/2005.

Steyn, JC. 1980. Tuiste in eie taal.  Die behoud en bestaan van Afrikaans.  Kaapstad: Tafelberg.

Steyn, JC 2000. “As jy op my liddoring trap, gaat ek jou slaat, vir ou goete ook.”  Beeld, 16/06/2000, p. 11.

Titus, D 2009. Reaksie op Nico Koopman se “Transformerende Afrikaans”.  http://www.litnet.co.za Onttrek 18/09/2009

Van Oort, CP 2008.  Die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans: ‘n inklusiewe perspektief en implementering in ‘n lesreeks.

Ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif. Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Van Rensburg, FIJ (red.) 2004. Afrikaans – lewende taal van miljoene.  Pretoria: Van Schaik.

Van Rensburg, MCJ 1989. Oor die depolitisering van Afrikaans: vertrekpunte vir ‘n gesprek.  Tydskrif vir Letterkunde XXVII (2): 42-47. Mei 1989.

Van Rensburg, MCJ 1992.  “Die demokratisering van Afrikaans”, in: Webb, VN (red.) 1992.  Afrikaans ná Apartheid. Pretoria: JL van Schaik. (bl. 181-199)

Van Rensburg, MCJ 1999. “Afrikaans and Apartheid.”  International Journal for the Sociology of Language 136.

Van Rensburg, MCJ  e.a. 1997. Afrikaans in Afrika.  Pretoria: JL van Schaik.

Venter, M 2009. “Laat die spoke nou met rus.”  Die Burger, 18/09/2009, bl. 13.

Webb, VN (red.) 1992.  Afrikaans ná Apartheid. Pretoria: JL van Schaik.

Webb, VN 1997. “Afrikaans in een democratiserend Zuid-Afrika.” Ons Erfdeel 40(2): 225-236.

Webb, VN 2001.  “Die bevordering van Afrikaans”, in: Carstens, A & H Grebe (reds.) 2001.  Taallandskap.  Pretoria: JL van Schaik. (bl. 164-176)

29/09/2009

Voorsittersrede Eerste Jaarvergadering van die ATR – 15 Augustus 2009
Prof WAM Carstens, Voorsitter ATR

Gelewer te Performerteater, Pretoria

Dames en Here

Dit is met groot genoeë dat ek hierdie eerste voorsittersrede van die ATR lewer. Dit is meer as 14 maande sedert ons stigting in Wellington en ek doen verslag oor die verloop van die proses wat opgebou het daartoe en ook tot die proses wat gelei tot waar ons vandag is.

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is na afloop van ‘n lang konsultatiewe proses op 24 Mei 2008 in Wellington gestig. Dit was ‘n historiese dag vir Afrikaans omdat dit die waarmaak van ‘n gesamentlike strewe verteenwoordig het: die totstand¬koming van ‘n liggaam wat ten doel het om koördinerend, netwerk-skeppend, inklusief, bemagtigend en versoenend op te tree in die belang van die totale Afrikaanse taalgemeenskap. Hierdie liggaam het nie ‘sommer net’ ontstaan nie, maar dit was die resultaat van harde werk (reeds sedert 2003) om ‘n gedeelde ideaal vir die Afrikaanse taalgemeenskap waar te maak – die totstandkoming van ‘n gekonsolideerde en inklusiewe stem wat namens Afrikaans kan praat.

Fases wat die stigting van die ATR voorafgegaan het, is die sg. Voortsettingskomitee wat tot stand gekom het na afloop van ‘n FAK-byeenkoms in September 2003 in Pretoria, die aanbied van die Eerste Nasionale Afrikaanse Taalberaad in Augustus 2004 op Stellenbosch, die miniberaad wat in Februarie 2005 in Johannesburg aangebied is en waartydens ‘n taalplan vir Afrikaans goedgekeur is, die vorming van die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA) wat die proses sedert Maart 2005 tot Mei 2008 bestuur het, die aanbied van die Tweede Nasionale Afrikaanse Taalberaad in Februarie 2007 in Pretoria, die goedkeur van die idee dat ‘n oorkoepelende taalliggaam vir Afrikaans tot stand moet kom, die konsultatiewe gesprekke hieroor in die loop van twee jaar, registrasie by die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Kulturele, Religieuse en Linguistiese Gemeenskappe (die sg. art. 185-kommissie) en uiteindelik dan die stigting van die ATR in Mei 2008.

Sedertdien is die statuut van die ATR gefinaliseer, is talle projekte aangepak, is besondere moeite gedoen om die infrastruktuur van die ATR gevestig te kry, is ‘n eie logo geskep, ‘n eie webblad (www.afrikaansetaalraad.co.za) gevestig, fondse gesoek om die koördineringsrol te vertolk.

Die vraag mag wees wat die resep vir die mate van sukses van die ATR tot op hede is. Belangrike merkers op hierdie pad is:

Die besef dat ons met ’n proses besig is wat gaan tyd neem. Die produk volg mettertyd, maar slegs as die proses reg verloop.

Die geduld om die proses kans te gee om te ontwikkel.

Die bereidwilligheid om baie hard te werk (veral ágter die skerms’).

‘n Gesamentlike visie op die toekoms: eenheid onder die Afrikaanse taalgemeenskap.

Die geloof in die taal se bestaansreg.

Die geloof dat die Afrikaanse taalgemeenskap die vermoë het om homself te organiseer.

Toewyding tot en ‘n strewe na versoening binne die totale Afrikaanse gemeenskap.

Toewyding tot en ‘n strewe na inklusiwiteit binne die Afrikaanse gemeenskap.

Onderlinge vertroue op ‘n persoonlike vlak onder die leiers.

Die los van die eie ego by die huis en die aanvaarding dat daar terugslae kan (en gaan!) wees – ons werk in so ‘n geval dan net harder om daarby verby te kom.

Konsultasie met belanghebbendes van die begin af. Gesprek bou brûe en voed verhoudings en vertroue.

Die kommunikeer van die verloop van die proses onder belanghebbendes, via e-pos, fakse, gesprekke, berade, ens.

Die deel van mekaar se suksesse en mislukkings – in die geheel: leer by mekaar.

Die bereidwilligheid om aanpassings te maak soos die proses vorder, en die besef dat daar moet by tye selfs kompromisse aangegaan moet word.

Die benut van die grondwetlike geleenthede en strukture waar nodig om die proses stukrag te gee (PanSAT en die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Kulturele, Religieuse en Linguistiese Gemeenskappe (die sg. art. 185-kommissie).

Die samewerking met die breë burgerlike gemeenskap – in wese in ‘n vennootskap.

Die benut van die infrastruktuur van bestaande organisasies om take gedoen te kry.  Die FAK het die sekretariële funksie vir die aanvangstyd (2003-2006) onderneem en sedertdien (2006 – tans) word hierdie onontbeerlike taak verrig deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die toekoms sal ‘n ander Afrikaanse instansie weer daarvoor kan instaan.  Dit beteken dat skaars fondse dan nie gebruik word vir ‘n kantoor nie, maar vir dit waarvoor dit werklik nodig is.

Die vraag is waarskynlik nou wat die ATR alles ten doel het en wat sy vertrekpunte is:

Die ATR het die geleenthede wat die SA Grondwet vir die ontwikkeling en bevordering van tale bied, benut om tot stand te kom.  Wetgewing rakende PanSAT en die Art. 185-kommissie is hiervoor ingespan.  Die Grondwet van Suid-Afrika maak dit naamlik vir elke taal in die land moontlik om ’n belangeraad vir daardie taal te laat registreer en uiteindelik te akkrediteer by die Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe (Art. 185).  Die belangeraad behoort op ’n konstruktiewe manier na die ontwikkelings- en spesifieke behoeftes van al sy sprekers te kan omsien en deur netwerking en samewerking doelgerig inhoud gee aan die ontwikkeling van ’n self-onderhoudende, geïntegreerde en waardetoevoegende gemeenskap. Dis wel duidelik dat beide hierdie liggame uiters gebrekkig funksioneer en dat hulle slegs middele tot ‘n doel was.

Burgerlike organisasies het in vennootskap getree met liggame wat grondwetlike bestaansreg het (soos die NTLA – ‘n PanSAT-liggaam) om die proses te dryf.  Dis nie die een of die ander nie, maar altwee saam wat van belang is.

Die werklikheid is dat die SA regering tans nie daarop ingestel is om Afrikaans (soos ook die SA swart tale) te bevorder nie en dat hierdie gemeenskappe dit self sal moet doen.  Dis dan inderdaad ook wat ons doen: ons koördineer en organiseer ons op so ‘n wyse dat ons Afrikaans kan bevorder.

Die ATR het Afrikaans en sy sprekers as primêre vertrekpunt.

Die ATR glo daar is ook vir Afrikaans plek in die nuwe SA, soos ook die geval is met die ander SA tale.

Die ATR tree netwerkskeppend en koördinerend rakende projekte en aktiwiteite op.

Die ATR wil in die lig hiervan glad nie die taak van geassosieerde organisasies oorneem nie, maar eerder die aktiwiteite en funksie van hierdie organisasies so koördineer dat die potensiaal van die organisasies in die beste belang van Afrikaans ontgin word.

Op hierdie wyse wil die ATR help om die mense- en finansiële kapitaal beskikbaar in die Afrikaanse gemeenskap optimaal in die belang van Afrikaans te benut.  Daar is heelwat kundigheid, welwillendheid, entoesiasme, passie, geesdrif en energie wat reeds bestaan en net beter aangewend moet word.  Dit neem tyd, maar dit moet gedoen word.  Dit is hoekom ons die oudit doen: om te sien wat daar is sodat ons dit kan gebruik in die belang van Afrikaans en die sprekers van die taal.

Die ATR wil deure vir Afrikaans (en by implikasie ook vir ander tale) by die regering oopmaak.  Dis ‘n moeisame proses, maar ons werk hard hieraan.

Die ATR wil nie konfronterend optree nie, maar wil eerder op ‘n konstruktiewe wyse ‘n bydrae maak tot die SA gemeenskap.  Konfrontasie lewer nie altyd die beplande dividende op nie en daarom word die sagter roete van samewerking en oorreding (selfs ‘agter die skerms’) gevolg.

Die ATR tree graag op as ‘n rolmodel vir ander SA gemeenskappe. Ons neem ons saak in ons eie hande en ons bepaal daardeur wat van ons gaan word.  Ander gemeenskappe kan hierdie voorbeeld navolg.  As ons in die proses van werk vir die doelwitte wat ons nastreef, ook ander tale kan bevoordeel, dan doen ons dit met graagte.

Hierdie aspekte word in meer besonderhede in ons statuut uiteengesit wat ek vertrou later vandag aanvaar sal word.

Iemand het onlangs gevra: Wat is die grootste sukses van die ATR tot dusver?

Dit is waarskynlik die feit dat ons tot stand kon kom ten spyte van wat geassosieer is met Afrikaans se verlede. Die ATR is die resultaat van ‘n versoeningsproses, van ‘n proses waar ons met mekaar gepraat het (indringend gekonsulteer het) oor die verlede en hoe ons ten spyte daarvan nog steeds Afrikaans kan dien. Ons praat steeds gereeld hieroor en ons hoop om in die afsienbare toekoms op ‘n meer simboliese wyse gesamentlik as gemeenskap, ongeag ons verskeurde en verdelende verlede, vorentoe te gaan.

Ons het van die begin af besef dat ons stadig moet werk en dat ons as liggaam nie kan funksioneer sonder die steun van die totale Afrikaanse gemeenskap nie.  Daarom volg ons dr Neville Alexander se raad (tydens die Eerste nasionale Afrikaanse Taalberaad van Augustus 2004 op Stellenbosch): ‘gaan voetjie vir voetjie vorentoe, en wees soms bereid om selfs ‘n tree terug te gee’.  Dit is nie ‘n maklike pad nie, maar dié benadering waarborg groter sukses op die langer termyn.

Dit is wel reeds meer as ‘n jaar gelede dat die ATR gestig is (in Mei 2008) en wat het ons reggekry in hierdie tyd?  Kort ná die stigtingsbesluit in Wellington is die lede van die nuwe bestuur opdrag gegee om die volgende jaar te gebruik om die ATR te vestig en in hierdie proses ook die statuut / grondwet te finaliseer. Wat het ons sedertdien gedoen?  Het ons hierdie opdrag uitgevoer?

Ons het lank geneem om tot stand te kom en moet nou ook tyd neem om ons behoorlik gevestig te kry. Dit doen ons met oordeel.

Ons het besef ons kan nie net indons en dinge oorhaastig doen nie – ons moes eers ons strukture vestig.

Die bestuur moes as funksionerende eenheid gevestig word.  Ons bestuur via subkomitees om die werk gedoen te kry: ‘n dagbestuur vir die hanteer van daaglikse sake; kundige komitees, soos ‘n grondwetkomitee, navorsingskomitee, bemarkingskomitee, onderwyskomitee, taalregtekomitee, finansiële komitee, ens.

Ons maak gebruik van bestaande strukture om ons werk gedoen te kry. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns lewer nog steeds ons administratiewe steun.

Ons het begin om ons eie identiteit te vestig: ‘n eie webblad (www.afrikaansetaalraad.co.za), ‘n eie logo en slagspreuk Bemagtig, bevorder, beskerm).  Ons werk aan ‘n nuusbrief wat maandeliks versprei moet word.

Ons moet ons profiel gevestig kry. Dit doen ons via ‘n goed beplande mediaveldtog: radioprogramme, televisiegesprekke waar moontlik, berigte in koerante. Daar is egter nog werk hier te doen.

Ons moet ons statuur verseker sodat mense en organisasies ons kan vertrou. Ons herkoms en stigtingsproses maak dit moontlik. Ons wil verseker dat ons aanvaar word as dié liggaam vir Afrikaans.

Ons moet ons statuut, aan die hand waarvan ons binne ‘n wetlike raamwerk funksioneer, finaliseer en goedgekeur kry.  Dit word hopelik vandag waar omdat dit die raamwerk sal wees aan die hand waarvan ons funksioneer.

Ons moet strategies besin oor waar ons die grootste impak kan maak.  Dit het ons reeds vier keer gedoen.  En ons sal dit nog heelwat meer kere moet doen.

Ons het duidelike projekte geïdentifiseer. Ons begin beskeie, maar bou stadigaan op tot meer.

Ons het kort voor lank begryp dat om die werk gedoen te kry en die nodige koördinering te kan doen, sal ons ‘n voltydse uitvoerende beampte moet kry.  Ons het dr. Dione Prinsloo, afgetrede dosent in Geskiedenis aan UNISA, aangestel om vir die tydperk April tot Augustus 2009 hierdie taak op ‘n tussentydse basis vir ons te verrig.  Dit sal wel ‘n permanente pos moet word met ‘n toegewyde persoon om die werk ten uitvoer te bring. Idealergewys moet ons drie persone kan aanstel – een vir die suidelike deel van ons land, een vir die noordelike deel van ons land en een persoon om ons belange in Europa te hanteer.

Dis vir ons duidelik dat ons NIE ander Afrikaanse organisasies se take en funksies durf (eers probeer) oorneem nie omdat elkeen ‘n eie taak, funksie en nisarea het.  Ons as ATR moet bloot koördineer en steun en dit kan net ’n voltydse persoon/persone doen.

Ons moet fondse bekom om ons basiese take te kan uitvoer.  Dis nie ‘n maklike taak in ‘n swak ekonomiese tyd nie. Ons het letterlik mense nodig om pannekoek te bak en te verkoop en sodoende fondse vir die ATR in te samel!

In ‘n poging om fondse te bekom, is besluit om die deure vir Afrikaans in die Lae Lande te probeer oopmaak. ‘n Aantal van ons het op 19 Mei vanjaar ‘n eendagkonferensie oor Afrikaans in Antwerpen bygewoon. Die organisasie hiervan is grootliks gehanteer deur die kantoor van mnr. Ludo Helsen, ‘n welwillende Vlaamse politikus van die Provinsie Antwerpen, en mev. Ingrid Scholtz, wat tans Solidariteit se verteenwoordiger in Europa is, maar volgens ooreenkoms ook take vir die ATR verrig. (Ons het hier ook te doen met ‘n perfekte voorbeeld van samewerking tussen liggame. Ons dank aan Solidariteit vir hierdie gebaar!)  Ek kan persoonlik getuig dat mev. Scholtz van groot strategiese waarde vir ons is en ons sal in die toekoms meer in haar moet belê.  Die finansiële deure het weliswaar nog nie vir ons oopgegaan nie, maar ons het belangrike kontakte gesluit waarop ons vorentoe kan bou.  Daar is dus nog werk, maar ons het reeds begin daarmee en dit lyk belowend.

Wat lê nog vir ons voor?

Daar is nog baie werk te doen. Ons moet bereid wees om dit te doen.  Hiervoor is werkers (organisasies en individue) nodig.  Ons vra hierdie werkers se tyd, energie, entoesiasme, geld, geduld en kundigheid.

Ons moet mekaar se strukture en netwerke deel waar ons kan.  Saam is ons beter!

Ons moet Afrikaanse organisasies wat nog nie die ATR betrokke is nie, nader en seker maak dat ons ander aan mekaar beweeg. Daar is byvoorbeeld tans min organisasies waarby bruin sprekers van Afrikaans betrokke is, by ons geaffilieer.  Dit is ‘n onmiddellike prioriteit om dit reg te stel.

Ons moet die onderlinge samewerking van Afrikaanse organisasies verder aanmoedig en selfs fasiliteer. Ons kan by mekaar leer.  Hoe kan byvoorbeeld die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en ander organisasies (soos die SBA, die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans, FAK, e.a.) verder saamwerk? Hoe kan die kundigheid van die Vereniging vir Regslui vir Afrikaans (VRA) ingespan word om die ATR by te staan om taalregteskendings te hanteer? Hoe kan die strukture van die Rapportryersbeweging, die Afrikanerbond, Dames Aktueel, die Skrywerskring, die Voortrekkerbeweging byvoorbeeld ingespan word om die SBA op grondvlak met geletterdheids- en bemagtigingsprojekte in die platteland te help?

Ons moet die Afrikaanse taalgemeenskap mobiliseer rondom gesamentlike projekte, soos byvoorbeeld die Lees om te leer-projek wat ons tans dryf met die steun van die SBA, Vriende vir Afrikaans, die ATKV, die SA Akademie, die Taalmuseum, die Wes-Kaapse Taalkomitee, die Woordfeeskomitee van US, ens.  Sake soos geletterdheid, bemagtiging, onderwys (oor die hele spektrum), taalregteskendings, opleiding, ens. is sake van onmiddellike belang.

Ons moet mekaar se terreine respekteer en mekaar die ruimte gun om elke organisasie se doelstellings en nisse uit te leef.  So beywer die ATR hom vir Afrikaans as taal, die SBA hom vir bemagtiging, Afriforum en Solidariteit hulle vir die regte van vakbondlede, die ATKV hom vir kultuurbevordering in die breë, die VRA hom vir Afrikaans se posisie in die regswêreld, die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns hom vir Afrikaans as hoëfunksietaal in die wetenskap, die Afrikanerbond hom vir die regte van Afrikaanssprekendes, die Afrikaanse Taalmuseum hom vir die bewaar van Afrikaans se geskiedenis, die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) hom vir die opteken van Afrikaans se omvattende woordeskat, ens. ens. Kom ons hou dit so, maar kom ons werk saam waar ons kan.

Ons moet ons onderlinge kommunikasie tussen organisasies verder verbeter sodat ons by mekaar kan hoor oor suksesse en foute. Ons het waarskynlik ‘n skakelbeampte hiervoor nodig. Elke organisasie is waarskynlik nog te veel op sy ‘eie ding’ ingestel’.

? Ons gaan volhou om aan te dring op Afrikaans se regte as taal in SA. In hierdie verband probeer ons ‘n afspraak by die minister van Kuns en Kultuur kry om ons saak te stel en te vra vir die implementeer van die Nasionale Talewet in SA.  Ons is ook op pad om die minister van Hoër Onderwys hieroor te gaan sien. Ons beskou dit alles as deel van die oplossing vir die status van tale en die opeis van die regte van tale.

Ons kan dit nie bekostig om moedeloos te word in die lig van soveel gebreke in SA nie. Dit het ook betrekking op gebreke rakende taalsake, soos die nie-implementeer van die Nasionale Talewet. Ons moet aanhoudend klop om hierdie deur oop te maak in die belang van AL die tale in die land.

Ons moet ons beywer dat organisasies dalk weer na hulle missie, visie, funksies en doelstellings kyk. Is dit nie dalk tyd dat van die organisasies saamsmelt nie?  En sodoende minder en sterker word?

As leiers van die Afrikaanse taalgemeenskap moet ons hoop gee aan die lede van die Afrikaanse gemeenskap. Ons kan dit nie doen deur die hele tyd te kla en te wroeg nie. Ons moet begin saam-doen.  Ons moet positief wees. En dit moet ons doen deur dit wat ons bind (Afrikaans en die strukture wat dit ondersteun) – kom ons deel mekaar se energieë, entoesiasme, passie, kragte, strukture en kundigheid.  Daar word van ons leierskap gevra en dit doen ons deur die regte voorbeeld te stel.

Die ATR glo dat ons deur ons unieke bydrae ook ‘n bydrae kan lewer tot die oplos van die talle probleme in SA.

U wonder seker ook: Gaan die regering/magshebbers ooit luister na die ATR?

Ons vertrou so! Die Afrikaanse gemeenskap het ons in wese die reg gegee (deur die omvang en verloop van ons stigtingsproses) om as stem vir Afrikaans op te tree daar waar Afrikaans se belange geraak word en ons gaan hierdie mandaat gebruik. Ons is tans betrokke by die proses (saam met prokureur CJ Lourens van Brits wat die staat gedagvaar het) om die Nasionale Talewet aanvaar te kry.  Ons reël ook tans vir afsprake met die ministers van Kuns en Kultuur asook van Hoër Onderwys om ons standpunte oor taalsake te stel.

Dus: as ek terugkyk, sien ek ‘n liggaam wat uit ‘n idee (dr Christa van Louw se “‘n nasionale strategie vir Afrikaans”) ontstaan het, wat gegroei het rondom hierdie idee, wat ‘n ooreengekome plan ontwikkel het aan die hand waarvan bestuur is en wat uiteindelik uitgeloop op die struktuur wat vandag bekend staan as die ATR. Of hierdie struktuur uiteindelik die verskil gaan maak wat ons graag wil, sal die geskiedenis oor oordeel.  Ek kan u wel die versekering gee dat ons nie gaan toelaat dat ons harde werk tot niet gaan nie.  Kom werk daarom saam met ons aan hierdie droom vir Afrikaans.

Baie dankie!

Raamwerkplan vir Afrikaans. ATR Beraad. 15 Augustus 2009. Flip Buys
Daar is teen dié tyd gelukkig seker nie meer Afrikaanssprekendes wat nog regeringsbeloftes oor Afrikaans glo nie. Almal het hopelik darem nou al agtergekom dat mooi grondwetlike bepalings, hogere politieke gerusstellings, belangrike kommissies van ondersoek, en ‘n klompie kopknikkende Afrikaanse meelopers maar net soos die Wolf is wat die skaap met mooi (Afrikaanse) woorde vir aandete genooi het.

Dit is maar goed so, want dan kan ons aan oplossings begin werk. Ons is nou al lank genoeg lamgelê deur al die goedgelowiges, goeie bedoelers en skynheilige grondwetlike lippediens. Ongelukkig het ons in die proses baie tyd verloor, waartydens Afrikaans se ruimtes seker al met meer as 50% gekrimp het.

Daarom moet prakties uitvoerbare planne nou baie vinnig gemaak en nog vinniger uitgevoer word, voordat meer Afrikaans in Australië as hier plaaslik gepraat word. Daarom sal ek graag ‘n debat oor ‘n Taalplan vir Afrikaans wil afskop deur ‘n breë raamwerk vir die bevordering van Afrikaans voor te stel. Daarna sal ek kortliks oor die rol van die ATR in die bevordering van Afrikaans iets wil sê.

My uitgangspunt is dat ‘n tweede Afrikaanse Renaissance wel moontlik is, maar dat dit nie spontaan gaan gebeur nie. In die ou tyd was die spreekwoord “’n Boer maak ‘n plan”. Die onderliggende aanname was dat die staatsdiens daarna die plan sou uitvoer, en dit sou befonds met die belastingbetaler se geld. Deesdae is sake bietjie meer ingewikkeld. Die “Boer” sal nou – saam met ál die ander sprekers van Afrikaans, baie planne moet maak (een is nie meer genoeg nie), en ons sal dit dan met Selfdoeninstellings moet uitvoer met geld wat ons eers bymekaar sal moet maak. Moeilik, maar moontlik. Die belangrikste is om dit net te begin, en dan net aan te hou.

In die proses moet ons nie te klein dink en te klein doen nie. Die planne moet groter as die probleem wees, anders sal dit nie werk nie. Ons moet globaal dink, en lokaal doen, maar ook lokaal dink, en globaal doen. Ons moet weer ons taalbande met ons vriende in Nederland en Vlaandere uitbou. Die AfriNetwerk skakelkantoor in Europa kry werklik ‘n baie groot belangstelling in Afrikaans by die Nederlandse taalgemeenskap. Daarmee saam moet ons ook na maniere kyk hoe die Afrikaanse diaspora in ons planne betrek kan word.

Ek wil begin deur eerstens ‘n breë raamwerk voor te hou van die verskillende gebiede waarop Afrikaans bevorder moet word. Ek vertrou dat u in die lig van die tydsbeperking daarvoor begrip sal hê as ek dit kernagtig en in telegramstyl (sms styl?) doen. Ons kan maar later tydens ‘n lekker (staande) doenskrum vleis aan die raamwerk sit en projekte daaraan koppel. (dit fokus mense!)

1. Taalnavorsing

Die eerste stap behoort die behoorlike en deurdagte intellektuele begronding vir die gebruik van Afrikaans in al sy vorme en op alle gebiede te wees. Daarvoor is diepte navorsing en deeglike besinning nodig. Om dit uit te voer is ten minste een wêreldklas navorsingsinstellings ‘n vereiste. Ons moet die ideedroogte  verbreek. As die ideegeveg nie gewen word nie, het ons die taaloorlog klaar verloor.

2. Onderwys

• Kleuterskole

• Laer- en hoërskool (privaatskole ook)

• Beroepsopleiding

• Universiteite

Daar is baie instellings wat ons hiervoor kan inspan, en daar kan ‘n paar herbelyn en miskien een of twee heraktiveer of nuut gestig word. Dit is oa die SAOU, Kleuterskool verenigings, die ATKV, Fedsas, Solidariteit, RVA, Afrikaanse Trusts, die ROF en ander beursfondse, die Afrikaanse media, die Akademie, en natuurlik die ATR. Vanselfsprekend ook die Afrikaanse skole self. (Afrikaans as vak moet liefde vir die taal kweek asb!)

3. Instellings

‘n Taal word gedra deur sy instellings. Sterk en selfstandige instellings is taalvermenigvuldigers. Sonder instellings wat taal in die openbare terrein indra word dit ‘n kombuistaal wat deur Afrikaanse enkelinge by die huis gepraat word. Dan is dit ‘n privaat taal, en nie meer ‘n gemeenskapstaal nie. Dit is hartverskeurend dat so baie mooi instellings in die oorgangsproses prakties gesproke gesneuwel het. Dit terwyl invloedryke denkers daarop wys dat in die oop geglobaliseerde wêreld waarin ons leef sterk gemeenskapsinstellings ‘n broodsaak is. Daarom moet ons bestaande Afrikaanse instellings op elke denkbare terrein ondersteun en hulle weer sterk en lewenskragtig maak, deur oorspronklike en magnetiese idees te ontwikkel, en goeie leierskap en bestuur te kweek. Ons oorweeg dit om by die Solidariteit Akademie ‘n mini-MBA in kulturele ondernemerskap te begin. Ons wil graag die beste Afrikaanse breine in die land by so poging betrek as daar genoeg belangstelling is. Ons instellings moet nie veg vir oorlewing nie, hulle moet veg om hulle doelstellings te bereik. Ek wil dit duidelik stel, ons moet nie net baie doen nie, ons moet baie bereik, want ons het  nie baie tyd nie. Te veel mense het al moed vir Afrikaans verloor. ‘n Sin  vir dringendheid is noodsaaklik, want as ons so aangaan, sal ons nie aangaan nie.

4. Grondwetlike regte

Die post-’94 grondwetlike (taal) optimisme het soos reeds gesê nou plek gemaak vir ‘n groter werklikheidsbesef. Die probleem is net dat iemand vergeet het om te waarsku dat in ‘n grondwetlike regstaat daar duur hofsake nodig is om daardie regte te beskerm. Daarvoor is sterk instellings met genoeg regsfondse nodig as praat nie meer help nie. Dink maar net aan die Ermelo Grondwetlike hofsaak wat nou hangend is, en waar die regering met óns belasting geld teen óns taalregte ‘n saak gemaak het nadat die Appèlhof in die beheerraad se guns beslis het. Instellings wat op die regsterrein bygestaan moet word is die VRA, Fedsas, AfriForum, die Instituut vir Grondwetlike reg van die FW de Klerk Stigting, en ‘n paar ander.

5. Kuns en musiek

Afrikaanse kuns en musiek bly baie belangrik, en doen geweldig baie om ‘n liefde vir ons taal te kweek. Dit lyk of Afrikaanse musikante (met harde werk) nog goed aangaan, maar die Kunstefeeste sukkel al meer met borgskappe.

6. Erfenisbewaring

Ons het ‘n pragtige taalerfenis. NALN in Bloemfontein bly egter ‘n hartseer saak. Die Erfenis Stigting en ‘n paar ander soortgelyke instellings doen wonderlike werk wat die hele taalgemeenskap se steun verdien. Dit is egter dringend nodig om hierdie instellings te versterk.

7. Afrikaanse media

Ons het nog ‘n paar gehalte Afrikaanse media produkte, maar nóg meer is nodig. My droom is dat daar meer Afrikaanse gemeenskapsradio’s gestig moet word. Radio is wonderlike vermenigvuldigers vir taal!

8. Taalproduksie

“Taalproduksie” is ‘n voorwaarde vir taalverbruik! Dankie vir die werk wat instellings soos die WAT, ons Afrikaanse Uitgewers, skrywers en taalkundiges vir ons taal doen. Ons moet ons huidige taalruimtes behou en verbreed, en ook weer nuwe ruimtes skep, met uitnemendheid as slagspreuk.

9. Beskerming van sprekers

Afrikaans kan nie groei en bloei as dit met sy sprekers sleg gaan nie. Daarom moet daar instellings wees wat oor die wil en vermoë beskik om ons taal se sprekers te beskerm daar waar hulle dit nodig het, soos ons armes, weerloses en werkloses, ons skole en in die  werksplek. Sonder hierdie beskerming sal ‘n kritiese massa jongmense landuit gaan, en sal ons taal mettertyd in duisende kele stil raak omdat mense voel hulle het nie ‘n toekoms hier nie. Verder sal ons moet sorg dat Afrikaans sy krimpende ekonomiese waarde behou. Indië is ‘n voorbeeld van ‘n land wat die ekonomiese waarde van ‘n minderheidstaal op  werk- en handelsgebied aanwend om vir sy sprekers toekomsmoontlikhede te skep. Hier dink ek aan die werk wat die SBA, en die SHH doen.

10. Taalbemagtiging

Die Stigting vir bemagtiging deur Afrikaans se Christo van der Rheede redeneer nie verniet dat taalmiskenning ‘n groot oorsaak van armoede en die mislukking van ontwikkelingsprojekte is nie. Prof Giliomee het ook daarop gewys dat moedertaal onderwys en opleiding ‘n deurslaggewende rol gespeel het in die bemagtiging van die Afrikaner uit armoede in ‘n vorige era. Die SBA verdien ons almal se ondersteuning wat dit betref.

Die feit is dat ‘n taalstrategie geld gaan kos. Prof Hermann Giliomee het betekenisvol gesê dat die Afrikaans van vandag die produk is van die beleggings en momentum van ‘n vorige era. Die toekoms van ons taal gaan afhang van watter nuwe beleggings hierdie geslag bereid gaan wees om te maak. Niks wat die moeite werd is kom verniet nie. Die tragiese vir my is dat die meeste skatryk Afrikaanse mense se grootste ideaal skynbaar is om ‘n groot bankrekening na te laat. Waar is ons Afrikaanse Andrew Carnegies, Warren Buffets en Bill Gatese wat op ‘n massiewe skaal terugploeg. Maar belangriker is gewone welvarende Afrikaanse mense wat ‘n groot  verskil kan maak. Maar onthou- sulke mense gee nie vir ‘n behoefte nie, hulle belê in werkbare planne en besielende visies.

Laastens wil ek afsluit met ‘n paar gedagtes oor die rol van die ATR:

• Baie geluk met wat tot sover bereik is, ek weet niks kom sonder harde werk en baie geduld en diplomasie nie;

• Die ATR het nie tans die uitvoerende vermoë om alles te doen nie, en moet ook nie met sy lede probeer meeding nie. Die ATR moet egter die leiding neem om ‘n nasionale ruimte vir die sprekers van Afrikaans te skep om hulle in hulle taal uit te leef.

• Die ATR moet ook die leiding neem om ‘n breë konsensus onder Afrikaans sprekendes te skep oor waarheen ons met Afrikaans wil gaan en wat ons moet doen.

• Dit kan ons doen as die ATR voortbou op die kultuur verdraagsaamheid en ruimte vir mekaar wat die organisasie sedert sy ontstaan kenmerk. Ons moet begrip hê vir mekaar en vir die wêrelde waarin elkeen leef. Elkeen het ‘n rol.

• Die ATR moet ook voortgaan met sy rol as “Verhoudings ambassadeur” vir Afrikaans. Alhoewel minderhede moet veg vir dit wat meerderhede as vanselfsprekend beskou, moet die ATR probeer om met takt en diplomasie met die owerhede te skakel om begrip te kweek en verhoudings te bou. Die ATR moet die nodige kulturele ruimte help skep waarbinne sy lede organisasies hulle rolle kan speel.

• Die ATR kan ook die voortou neem met gesamentlike projekte wat groter vertroue onder die sprekers van ons taal skep.

• Klein suksesse moenie onderskat word nie, dit skep momentum vir groot dinge.

Laastens, dit is nie nou die tyd om klein verskilletjies op die spits te dryf nie. Ek glo dat ‘n  mens so groot is soos die “gevegte” wat jy veg. Daarom moet mens altyd na vrede strewe. Maar daar is sekere dinge in die lewe wat die moeite werd is om voor te veg. Afrikaans en sy sprekers is.

Flip Buys

Afrikaans ‘n honderd jaar na die stigting van die SA Akademie – FW de Klerk
Toespraak deur FW de Klerk by die Eeufees van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

- Bloemfontein, 25 Junie 2009

Ek het die stand van Afrikaans, ‘n honderd jaar na die stigting van die Akademie, as sleuteltema vir my toespraak gekies.

Allereers egter wil ek die Akademie huldig vir die onmisbare bydrae wat dit gemaak het tot die ontwikkeling van Afrikaans.  Gedurende die afgelope eeu het die Akademie `n bepalende rol gespeel in die bevordering en standaardisering van Afrikaans.  Afrikaans het op sy beurt `n sentrale rol gespeel in die definiëring van die afgelope eeu in Suid-Afrika.  Dit was rondom die Afrikaanse taal dat Afrikaners gemobiliseer het om op te staan uit die verwoesting van die Anglo-Boere Oorlog.  Afrikaans het die fondament geword van ‘n nuwe identiteit en trots op die eie.  In Afrikaans is onreg gepleeg.  Insgelyks het Afrikaans ‘n deurslaggewende rol gespeel in die daarstelling van ‘n nuwe regverdige Suid-Afrika.

Die uitdagings waarvoor die Akademie in 1909 te staan gekom het, vind steeds weerklank in die huidige problematiek rondom Afrikaans.  Dit sluit in:

• eise vir taalgelykheid in `n nuwe grondwet;

• die gevaar van verengelsing;

• die noodsaaklikheid vir moedertaalonderrig in Afrikaans;

• en die behoefte aan tersiêre onderrig in Afrikaans.

Soos so dikwels was die Afrikaners toe ook erg verdeeld – in daardie tyd tussen diegene wat geneig was om te swig onder die druk om te verengels;  diegene wat wou vashou aan Hoog Hollands;  en diegene wat gekies het om Afrikaans as taal te ontwikkel – ‘n taal met sy eie identiteit, gewortel in ons ervaring van Afrika.

Hierdie argumente mag op daardie stadium as esoteries voorgekom het – maar dink net hoe anders ons geskiedenis sou verloop het indien ons stelselmatig Engels aangeneem het – of indien ons hardnekkig vasgeklou het aan Nederlands.  Maar soos die spreekwoord sê, “as is gebrande hout”.  Waarop dit alles wel dui is die sleutelrol van taal in die lewe van individue en gemeenskappe – asook op die kritieke rol wat gespeel is en moet word deur organisasies soos die Akademie.

Ek wil vir `n oomblik afdwaal van die onderwerp en kyk na die belangrikheid van taal vir die mensdom.

Die menslike brein is miskien die mees komplekse struktuur in die wêreld.  Dit het `n honderd biljoen neurone waarvan elkeen tot ongeveer `n duisend poorte het na ander neurone – in vergelyking met die twee aan en af poorte in rekenaars.  Dit het meer as 60 triljoen sinapse – `n getal so hoog dat dit twee miljoen jaar sou neem om almal te tel.

Dít is die formidabele hardeware waarmee elkeen van ons toegerus is.  Anders as ons skootrekenaars word die basiese hardeware nie elke twee of drie jaar opgradeer nie.  Om die waarheid te sê is ons brein model nog min of meer dieselfde as wat dit was sowat tweehonderdduisend jaar gelede, êrens hier in suidelike Afrika.

Natuurlik het ons sedertdien reuse vordering gemaak – baie stadig aan die begin;  baie vinniger gedurende die laaste tienduisend jaar;  en eksponensieel sedert 1950.

Hierdie opwaartse kurwe was nie te danke aan enige merkwaardige ontwikkeling van ons breine – ons hardeware – nie.  Dit was die gevolg van die snelle ontwikkeling van die sosiale programmering wat ons sagteware uitmaak.  En ten grondslag van hierdie proses was die ontwikkeling van taal.  Taal stel ons in staat om ons wêreld te beskryf en te verstaan en om daardie insig aan ander te kan oordra – ook aan ander generasies.

Taal lê aan die wortel van ons bestaan.  Die sintaksis, grammatika en woordeskat vorm die operasionele stelsel wat ons unieke breine in staat stel om effektief te kan funksioneer.  Dit gee aan ons die vermoë om met ons medemense te kommunikeer en vorm die boublokke vir die ontwikkeling van ons kulture, ons geloofsoortuigings en ons begrip van die wêreld en die lewe.

As jy `n individu of gemeenskap weerhou van hul reg om hul taal te gebruik, maak jy `n aanslag op hul menswaardigheid en hul reg op gelykheid.  Dit is om hierdie rede dat die fundamentele bepalings van ons Grondwet taalregte so uitdruklik beskerm en bevorder.

Dit kom my voor asof taal ook in ‘n mate verband hou met die karakter eienskappe van volke en nasies!  Duitse grammatika pas goed aan by die Duitse nasionale karakter – presies, noukeurig – en mens moet lank wag vir die werkwoord!  Dit sou eenvoudig nie geskik wees vir die elegante Franse of die uitdrukkingsvolle Italianers nie.

Dieselfde geld vir ons Afrikaanssprekendes.  Ons nasionale persoonlikheid is beïnvloed deur ons taal.  Dit is gebore uit Nederlands en het gou sy eie onmiskenbare identiteit ontwikkel in die tavernes van Kaapstad;  in die kombuise en slawelosies van die platteland;  en in die eensame uitgestrektheid van die Karoo en die hoëveld.  Dit het die dubbele-negatief gekry van die Hugenote en is ryk aan alledaagse woorde afkomstig van die Maleiers.  In Afrikaans het daar ‘n verskeidenheid van kleurryke idiome ontwikkel, direk afkomstig van ons ervaring in Afrika.  Die swaarwigtige grammatika van Nederlands is gou afgeskud en is vervang met een van die eenvoudigste en mees vaartbelynde grammatikas van enige taal in die wêreld vandag.

Die geboorte van Afrikaans was nie maklik nie.  Jare lank is dit geminag as ‘Kombuis-Afrikaans’.  Baie van die stigters van die Akademie het geglo dat Nederlands as primêre taal behou moes word.  Hulle het die vermoë van Afrikaans om `n taal van akademiese en letterkundige uitnemendheid te word, gewantrou.  Desnieteenstaande het ons taal in die laaste jare van die 19de eeu en die vroeë twintigste eeu die spil geword waarom Afrikaners hulle geskaar het.

Soos ons weet is dit onderdruk deur Lord Milner, maar uiteindelik aanvaar as `n amptelike taal in 1925.  Vir die eerste 60 jaar van die vorige eeu is Suid-Afrikaanse politiek gedomineer deur die stryd tussen Boer en Brit, tussen wit mense wat Engels gepraat het en wit mense wat Afrikaans gepraat het.  Onvermydelik is taal dus gepolitiseer.

Uiteraard, as gevolg van ons geskiedenis, is dit verder gepolitiseer binne die raamwerk van ras en kleur.  Baie swart Suid-Afrikaners het Afrikaans gesien as die taal van die onderdrukker.  Vir bruin mense was dit dikwels die taal van uitsluiting, bitterheid en pyn.  Al het bruin mense `n invloedryke rol gespeel in die ontwikkeling van Afrikaans het hulle dikwels verstote en verwerp gevoel deur hul wit Afrikaner broers en susters.

Ons moet in skaamte en skande erken dat apartheidswetgewing gebore en getoë is in Afrikaans.  Afrikaans was egter ook die taal waarin ons begin worstel het met die noodsaaklikheid om apartheid te beëindig.  Uiteindelik was Afrikaans ook die taal waarin ons ‘n nuwe visie van `n regverdige en nie-rassige grondwetlike demokrasie gedefinieer het, die taal waarin Suid-Afrika uitgereik het na ‘n nuwe daeraad.

Miskien sal die geskiedenis verhaal dat die kwantumsprong van 1990 en daarna, ‘n kruin oomblik vir Afrikaans was – die omdraai van Afrikaans tot bevrydingstaal.  Dit was in die oë van baie die kruispad wat  N P van Wyk Louw in sy epiese gedig voorspel het:

“O wye en droewe land, alleen

onder die groot suidersterre.

Sal nooit `n hoë blydskap kom

deur jou stil droefenis?…

Sal nooit `n magtige skoonheid kom

oor jou soos die haelwit somerwolk

wat uitbloei oor jou donker berge,

en nooit in jou ‘n daad geskied

wat opklink oor die aarde en

die jare in hul onmag terge;…”

Dit was toe.  Nou, vyftien jaar later, is Afrikaans weer onder groot druk.

Ons nuwe Grondwet maak voorsiening vir die beskerming van al ons tale:

• Dit erken Afrikaans as `n amptelike taal ‘gelyk in aansien’ met al die ander tale;

• Dit vereis dat die regering op nasionale en provinsiale vlakke twee amptelike tale gebruik.

• Dit maak voorsiening vir die stigting van `n Pan Suid-Afrikaanse Taalraad, met die taak om al die amptelike tale te bevorder, geleenthede skep vir die ontwikkeling daarvan, asook om te verseker dat alle ander tale wat gepraat word in Suid-Afrika, gerespekteer word.

• Dit verklaar dat waar dit redelikerwys prakties moontlik is, alle Suid-Afrikaners die reg het om onderrig te ontvang in die taal van hul keuse in openbare onderwysinstellings.  Dit kan nie-rassige en inklusiewe enkelmediuminstellings insluit.

Ongelukkig is feitlik elkeen van hierdie waarborge geïgnoreer of verwater sedert die aanvaarding van die Grondwet in 1996.

• Ons het de facto ‘n enkele amptelike taal – en dit is Engels.  Die veronderstelde amptelike status van die oorblywende tien tale blyk meer en meer `n illusie te word.

• Die regering gebruik nie twee amptelike tale op nasionale vlak nie en ons ander amptelike tale word al hoe minder deur provinsiale administrasies gebruik.

• Ons tale geniet nie gelykheid van aansien nie – en word nie gelyk behandel nie.

• Bloedweinig is gedoen om ons inheemse tale te ontwikkel.

• Soos ons gesien het in die geval van Mikro, by die Hoërskool Doornfontein en Hoërskool Ermelo, is enkelmedium Afrikaanse skole onder druk van die regering.

• Die organisasies wat gestig is om ons landstale en             -kulture te ontwikkel en bevorder is onderbefonds en onder druk.  Die Asmal Kommissie het onlangs aanbeveel dat die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad en die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe ontbind moet word en dat hul funksies oorgeneem moet word deur `n “super” Menseregtekommissie.

• Afrikaans op universiteitsvlak is onder skoot en daarmee saam Afrikaans as wetenskapstaal.  Hierdie feestelike geleentheid is nie die tyd of plek om die debat oor Afrikaanse Universiteite in die algemeen en Stellenbosch in die besonder verder te voer nie.  Daar het ongelukkig ‘n onverkwiklikheid ingesluip wat ek van harte hoop uit die weg geruim kan word.  Uiteindelik het die ganse Afrikaanse Taalgemeenskap ‘n reuse belang in ‘n uitkoms wat Afrikaans as tersiêre onderrigtaal stewig sal vestig en in stand sal hou.

Hierdie probleme wat ek so pas uitgelig het, is van net soveel kritieke belang as die vraagstukke waarmee die stigters van die Akademie ‘n honderd jaar gelede geworstel het.  As al die tradisionele Afrikaanse Universiteite op ‘n glybaan van verengelsing wegsink, wat sal die implikasies wees vir Afrikaans as wetenskapstaal?  As Afrikaans kwyn of verdwyn as ‘n akademiese taal, wat sal die toekoms van ons oorblywende Afrikaanse hoërskole wees?  As daar nie Afrikaanse universiteite is waar Afrikaanse onderwysers opgelei sal word nie, wat sal gebeur met Afrikaanse onderwys op skole?

Daar is baie Afrikaanssprekendes wat glo dat die blote stel van sulke vrae alarmisties is.  Hulle argumenteer soos volg:

? Suid-Afrika behoort eweveel aan Afrikaanssprekendes as aan enige ander Suid-Afrikaners.

? Die Afrikaanssprekende gemeenskap (die derde grootste taalgroep in die land) sluit nou almal in wat Afrikaans praat – bruin, wit en swart – op ‘n inklusiewe en gelyke grondslag.

? Afrikaner-identiteit is net soveel deel van die breër identiteit van Suid-Afrika as enige ander identiteit.  Daar is nie plek in ons grondwetlike stelsel vir rasse of kulturele hegemonieë nie.

? Ten spyte van die regering se mislukking om al die taal- en kultuurregte wat in die Grondwet vervat word, te verseker, vaar die Afrikaanse taal goed.  Ons literatuur, teater en musiek floreer.

Dit alles is waar en ek betwis dit nie.  Dit is egter nie die volle waarheid nie.  Myns insiens durf ons nie die verwatering van die taalregte in die Grondwet of die agteruitgang van Afrikaans op skool– en  universiteitsvlak miskyk nie.

Ek glo dat daar drie hoofprobleme is wat soortgelyk is aan die probleme waarmee die Akademie ‘n honderd jaar gelede geworstel het:

• Daar is diegene wat glo dat of hulle daarvan hou of nie, die toekoms eenvoudig Engels sal wees.  Hulle laat hul kinders in Engelse skole onderrig word en berei hulle voor om aan die globale Engelstalige ekonomie deel te neem;

• Tweedens is daar ‘n groep wat eintlik skaam is vir Afrikaans.  ‘n Honderd jaar gelede was sommige Afrikaners skaam vir Afrikaans omdat hulle geglo het dat dit slegs ‘n kombuistaal was.  Vandag is sommige Afrikaners ook skaam vir hul taal omdat hulle dit bly beskou as die taal  van apartheid en onderdrukking.  Hulle is oormatig apologeties.  Vir hulle is dit nie polities korrek om ‘n sterk standpunt ter verdediging van Afrikaans in te neem nie.

Ek kan nie hiermee saamstem nie.  Ek glo dat tale moreel neutraal is.  Ons het nie ‘n afkeur aan Russies, Duits of Mandaryns weens die growwe misdade van Stalin, Hitler en Mao nie.  En was Engels nie die taal van koloniale onderdrukkig nie?

• Laastens – net soos ‘n eeu gelede – is daar diegene wat nie kans sien om regeringsdruk teen te staan nie.  Destyds was dit druk van die Britse ryk om te verengels.  Vandag is dit druk van die regering om die ideologie van demografiese verteenwoordiging toe te pas.  Volgens hierdie ideologie behoort alle instellings in die privaat- en openbare sektore die bevolkingsamestelling van die hele land uiteindelik te weerspieël.  Daar is geen grondslag in die Grondwet hiervoor nie.  Dit is onversoenbaar met die behoud van ‘n gesonde multikulturele gemeenskap waarvoor die Grondwet wel voorsiening maak.

Teen hierdie agtergrond wil ek afsluit met enkele gedagtes oor wat ons, vir wie Afrikaans kosbaar is, nou te doen staan.

In die eerste plek moet ons – soos die stigters van die Akademie – aanvaar dat die toekoms van ons taal in ons eie hande lê.  Dit is ons wat sal besluit of Afrikaans voortleef en floreer, en of dit agteruit sal gaan en uitsterf.  Ons is nie van die regering afhanklik vir ons oorlewing nie.  Die Akademie het nie die Britte in die begin van die vorige eeu toestemming gevra om Afrikaans te praat en ontwikkel nie.  Hulle het dit eenvoudig net gedoen.  Nou moet ons weer dieselfde doen.

Tweedens het ons `n grondwetlike reg om ons kinders in die taal van ons keuse te onderrig.  Ons moet Afrikaans kies.  Ons kinders kan en moet ook Engels, die wêreldtaal, aanleer – maar hul grondslag moet Afrikaans wees.  Ons moet verseker dat daar genoeg enkelmedium skole is wat onderrig kan bied.  In gemeenskappe waar daar nie genoeg Afrikaanssprekende kinders is nie, moet ons aandring op effektiewe parallel- en dubbelmedium onderrig.  Ons moet verseker dat ten minste twee van ons universiteite `n oorheersend Afrikaanse karakter behou, en Afrikaanssprekende studente op die ander tradisioneel Afrikaanse universiteite moet in staat wees om in hul eie taal te kan studeer.

Niks hiervan sal egter gebeur indien ons dit nie self láát gebeur nie.  In die proses moet ons hande vat en brûe bou in stede van vas te val in negatiewe vingerwysende debatte.  Deur middel van opbouende en inklusiewe dialoog moet ons konsensus bereik oor werkbare strategieë gerig op sinvolle doelwitte.

In die breër Suid-Afrikaanse samelewing moet ons ons verantwoordelikheid aanvaar maar ook aandring op ons grondwetlike regte.

• Tussen 1993 en 1996 het ons `n plegtige verdrag gesluit met ons mede Suid-Afrikaners rakende die toekoms van ons samelewing.  Ons saak is reg as ons aandring op die handhawing daarvan.

• Ons moet ons mede Suid-Afrikaners met waardigheid en respek behandel.  Terselfdertyd het ons `n reg op gelykheid.  Daarom moet ons nuwe vorme van rassisme en oorheersing sterk teenstaan.  Ongebalanseerde regstellende aksie en die toepassing van demografiese verteenwoordiging op alle terreine van die ekonomie en samelewing is ongrondwetlik.

• Ons moet uitbreek uit ‘n staat van voortdurende apologie vir alles wat Afrikaans is.  Ons is medeskeppers van die nuwe Suid-Afrika en geniet morele gelykheid met al ons mede burgers.

Laat ons dus hande vat en vir mekaar sê:  Daar’s werk!  Bêre die lang messe en verenig agter kreatiewe oplossings en redelike doelwitte.  Pak die bul by die horings en aanvaar blymoedig die uitdagings van ‘n nuwe eeu.

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ‘n eeu verder
“Laat alles val wat pronk en sieraad was of enkel jeug, en ver was van die pyn”

Uit die gedig Vroegherfs van N.P. van Wyk Louw

Deur C.O. van der Rheede

Abstrak

Die rol van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns (Akademie) in die ontwikkeling van Afrikaans as ’n hoëfunksietaal oor ’n periode van een honderd jaar is voorwaar ’n uitsonderlike prestasie. Met behulp van die SA-Akademie, die kritiese rol en toewyding van Afrikaanse akademici om nuwe terreine van kennis deur middel van Afrikaans te verken en te ontsluit, die taaltrots en gepaardgaande kreatiwiteit van menige spreker van Afrikaans en die institusionalisering van Afrikaans op vele vlakke van die samelewing met behulp van die staat, het ‘n unieke en waardevolle taalskat Afrikaans  op Suid-Afrikaanse bodem gestalte gekry. Hierdie taalskat staar egter ’n onsekere toekoms vanweë sosio-maatskaplike, opvoedkundige, kulturele, ekonomiese en politieke veranderinge in die gesig. Daarom is dit nodig om te besin oor die rol van die SA-Akademie in die toekoms van Afrikaans.

Inleiding

Die toekoms van die Akademie hang ten nouste saam met die voortbestaan van Afrikaans. Sonder Afrikaans is daar geen toekoms vir die Akademie nie en óf Afrikaans as ‘n  hoëfunksietaal en selfs as openbare taal oor ’n honderd jaar van nou nóg sal voortbestaan bly ’n ope vraag.

Dis egter nie die eerste keer dat daar oor die toekoms van Afrikaans bespiegel word nie. In die boek getiteld ‘Tuiste in eie taal’ voorspel die skrywer, Dr. J.C Steyn reeds in 1980 dat  ‘…Afrikaans gaan in die volgende twee dekades al hoe kwaaier onder druk kom,…’ (Steyn 1980: 457). Die digter Breyten Breytenbach beskryf Afrikaans in die gedig getiteld ‘skrywende nou en van agter tot voor’ as ’n stuiptrekkende taal (Breytenbach 1964: 20). Let wel die digbundel ‘die ysterkoei moet sweet’ waarin die gedig verskyn is reeds in 1964 gepubliseer.

Huidiglik verskil die situasie met betrekking tot Afrikaans egter nie veel van die bekommernisse wat in die vorige paragraaf gehuldig word nie. Globalisering, die gebruik van ultramoderne kommunikasietegnologie, die nuwe grondwetlike bedeling en die snelveranderende kulturele, ekonomiese en politieke landskap in Suid-Afrika het inderdaad ’n impak op die toekoms van Afrikaans as ‘n  hoëfunksietaal.

Betekenisvol is die reaksies van die verskeidenheid rolspelers wat die belange van Afrikaans op een of ander wyse bevorder. Sommige handhaaf ‘n behoudende gesprek oor die toekoms van Afrikaans, terwyl andere ‘n progressiewe benadering volg soos deur Andrew Nash in die volgende aanhaling omskryf: ‘The new politics of Afrikaans is primarily concerned with defending Afrikaans language and culture in the new South Africa. In contrast to Afrikaner nationalism, it seeks to ensure a vital and viable future for Afrikaans, which does not depend on white racial domination or Afrikaner political power. At the same time, it seeks… to defend cultural diversity and local forms of community against the homogenizing pressures of capitalist globalization’ (Nash 2000)

Afrikaans – Qua vadis?

In watter denksfeer bevind die Akademie haar en waarheen is die Akademie op pad met Afrikaans? Is dit ‘n behoudende en neerdrukkende dampkring waarin daar bloot oor die verlede van Afrikaans getob word? Óf is dit ‘n progressiewe en optimistiese gesprekskring waar daar aktief meegewerk word om ‘n nuwe toekoms vir Afrikaans te skep? Die antwoord op hierdie vraag is na my mening deurslaggewend vir die rol wat die Akademie behoort te speel om Afrikaans verder uit te bou en om heel moontlik weer oor ‘n honderd jaar van nou ‘n soortgelyke fees te kan vier.

Hierdie antwoord wil ek graag aan die hand van die digter N.P van Wyk Louw se gedig ‘Vroegherfs’ beredeneer en ‘n verband trek tussen die gedig en die toekoms van Afrikaans. Die belangrikste grondgedagte waarmee in ‘Vroegherfs’ omgegaan word, is die geleidelike proses van verandering in die natuur en hoe dit saamval met die worsteling van die mense en sy behoefte aan geestelike groei en hernuwing.

Hierdie seisoensverandering word ingelei met ‘n metafoor in die openingsversreëls wat lui ‘Die jaar word ryp in goue akkerblare in wingerd wat verbruin’ wat die oorgang van herfs na winter skets met beelde van weerloosheid (wind en klare son) stroping (blare val) en spanning (lang populiere (wat) al witter staan).

Hierdie beelde vind in besonder aanklank by die situasie van weerloosheid, stroping en spanning waarin Afrikaans as taal en selfs haar sprekers hul in bevind. ‘n Goeie tyd vir eeufeesvieringe kan dit seker nie wees nie, want die taal en die breë Afrikaanse gemeenskap word aan alle fronte met ‘n verskeidenheid van sosio-maatskaplike, opvoedkundige, kulturele, ekonomiese en politieke veranderinge gekonfronteer. Die ‘goue akkerblare’ is besig om te ‘verbruin’ en af te val en ‘(die) witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word’ bring nuwe uitdagings van dikwels intellektueel verlammende aard en omvang. En nog is dit einde niet, want die strawwe winter lê nog voor en óf Afrikaans dit gaan oorleef en ’n nuwe lente sal beleef sal net die tyd ons leer.

In die gedig ‘Vroegherfs’ herinner N.P. van Wyk Louw ons egter dat net soos die natuur in ‘n voortdurende staat van verandering is, so ook groei die mens. In die sekstet pas hy dan hierdie natuurverandering ook op sy eie lewe toe. Dít doen hy egter nie lukraak nie óf kosmeties nie, maar hy doen dit wel besinnend deur dit versugtend in te lei met die uitroep ‘O Heer, laat hierdie dae heilig word:’

Hierdie strewe na innerlike rypwording of geestelike groei bekragtig hy met ‘n dubbelpunt om die erns waarmee hy die saak wil aanpak te beklemtoon. Ook is dit nié vir hom’n oppervlakkigheid nie, maar ’n diepgeestelike ervaring waarin hy ‘alles (laat) val wat pronk en sieraad was’ en gestroop wil word van ‘waan’ en ‘hoogheid’ .

Hy begeer veel meer as net ’n kosmetiese gedaanteverwisseling en is onbevange in sy begeerte om ‘nakend uit… teerder jeug (te) verskyn’, ongeag die pyn en kwesbaarheid wat daarmee gepaardgaan. Om as ’n nuwe mens na vore te tree en geestelike te groei wil hy homself stroop van onegtheid. Dit volgens hom is ‘n voorvereiste waarop die grondslag gelê word om ’n nuwe toekoms te verwesenlik.

Afrikaans en meer spesifiek die Akademie is huidiglik in dieselfde staat van weerloosheid, stroping en spanning vasgevang. En om daaruit te ontsnap en iets nuuts te skep vra vir visionêre leierskap, die stroping van die ‘pronk’ en ‘sieraad’, die ‘waan’ en ‘hoogheid’, en vir geestelike diepte om Afrikaans deur die ‘strawwe winter’ wat nog voorlê, te dra.

‘n Progressiewe en optimistiese gesprekskring

Teen hierdie agatergrond keer ek dus terug na my oorspronklike vraag wat handel oor die denksfeer waarin die Akademie haar bevind. Is dit ‘n behoudende en neerdrukkende dampkring waarin daar bloot oor die verlede van Afrikaans getob word óf is dit ‘n progressiewe en optimistiese gesprekskring waarin daar aktief meegewerk word om ‘n nuwe toekoms vir Afrikaans te skep?

Laasgenoemde gesprekskring vra vir vernuwing en die herskepping van ‘n nuwe entiteit wat Afrikaans in al haar gebruiksvorme erken en wat ‘n tuiste bied vir elke spreker van Afrikaans ongeag etnisiteit, geloof, kultuur en klas. Dit vra ook vir die stroping van die ‘pronk’ en ‘sieraad’, die ‘waan’ en ‘hoogheid’ wat so kenmerkend is van die prystoekennings, lidmaatskap en selfs van die navorsing wat deur Akademielede gedoen word. Let wel: Ek gebruik nie hierdie woorde in ‘n beledigende of neerhalende konteks nie, maar benut dit as beelde om die kloof tussen die akademie se werksaamhede en die wêreld van ontmagtiging waarin ‘n groot deel van die Afrikaanse gemeenskap vasgevang is en wat nie eens weet van die SA Akadmie se werksaamhede óf wat geen voordeel daaruit trek nie, te illustreer.

Vir die behoudende dampkring is so ‘n versoek ongehoord, maar midde die weerloosheid, stroping en spanning waarin die Afrikaanse gemeenskap gedompel is, het ons nie veel van ‘n keuse nie as om daaroor te besin nie. By besinning kan dit egter nie vasval nie, want Afrikaans is nie net ‘n taal nie, maar dit verteenwoordig ook ‘n leefwêreld van miljoene. Dit laat my dus met ‘n kwellende vraag: Hoe bring ons hierdie twee uiteenlopende wêrelde byeen ter wille van Afrikaans en haar toekoms en watter faktore moet ons inagneem om hierdie kloof te oorbrug?

In dié verband wys Robert Cooper, in sy boek getiteld ‘Language Planning and Social Change’ na ‘n reeks situasionele, strukturele, kulturele en omgewingsfaktore wat taal se groei kan striem of kan bevorder (Cooper. 1989: 93).

Hoe die Akademie in die uitvoering van haar werksaamhede ook hierdie faktore  en die eise wat die Afrikaanse leefwêreld stel in die toekoms gaan hanteer, sal bepaal of daar soortgelyke feesvieringe oor ‘n honderd jaar van nou sal wees.

Ek sluit af met die voorlesing van die gedig Vroegherfs.

Vroegherfs

Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug

wat daglank van die nuwe wind en klare

son deurspoel word; elke blom word vrug,

tot selfs die traagstes; en die eerste blare val

so stilweg in die rookvaal bos en laan,

dat die takke van die lang populiere al

teen elke ligte môre witter staan.

O Heer, laat hierdie dae heilig word:

Laat alles val wat pronk en sieraad was

of enkel jeug, en ver was van die pyn;

laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort

my waan, tot al die hoogheid eindelik vas

en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Uit Vroegherfs

Bibliografie

Cooper. R.L. 1989. Language Planning and Social Change. Cambridge University Press.

Breytenbach. B. 1964. Die ysterkoei moet sweet. Perskor. Johannesburg

Steyn. J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Die behoud en bestaan van Afrikaans. Tafelberg. Suid-Afrika

Nash. A. 2000. The new politics of Afrikaans. South African journal of philosophy. Vol. 19, no4, pp. 340-364 (2 p.) Foundation for Education, Science and Technology, Pretoria, AFRIQUE DU SUD

Taal-vrede by Maties ná vergelyk
Jun 27 2009

Marlene Malan

Kaapstad

Nagraadse Maties gaan “beloon” word as hulle hul tesisse en proefskrifte in Afrikaans skryf en die Universiteit Stellenbosch (US) gaan ’n beursfonds instel vir navorsing oor Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal.

Dié inisiatiewe is deel van die Afrikaans-bevorderingsplan wat die US-raad aanvaar het vir die uitbou van die taal op die kampus.

By navraag het die US se skakelhoof, mnr. Mohamed Shaikh, gesê in die praktyk beteken dit dat Afrikaans nie net meer op voorgraadse vlak aandag kry nie, maar doelgerig op nagraadse vlak bevorder gaan word.

Dit kom nadat die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die rektor, prof. Russell Botman, die afgelope week tot ’n vergelyk gekom het oor Afrikaans op die Matie-kampus.

Die ATR het gesê dié raad is gerusgestel dat die US alles moontlik doen om Afrikaans se plek te versterk.

Volgens Shaikh sal studente aangemoedig word om in hul eerste taal te studeer, werkstukke in te gee en eksamens af te lê.

“Voorgraads gaan parallelmediumonderrig (PMO) in groter fakulteite ingestel word, aangevul met dubbelmediumonderrig (DMO) in kleiner omgewings. Die US wil studente help om voorgraads in hul voorkeurtaal te studeer; met blootstelling aan die ander taal.”

Die taalbevorderingsplan behels onder meer:

• Aandag aan taalverwerwing en akademiese geletterdheidskursusse vir nie-Afrikaanssprekendes;

• Klem word gelê op die skryf- en leesvaardigheidsontwikkeling van Afrikaans;

• Aansporing vir die skryf van tesisse en proefskrifte in Afrikaans;

• Meer navorsingsdiskoerse in Afrikaans;

• Aanmoediging van navorsers om in Afrikaanse joernale te publiseer.

• Die instel van ’n beursfonds vir navorsing oor Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal.

“Die US wil ’n minimum aanbod in Afrikaans voorgraads verseker.

“Die uitgangspunt met die onderrigtaalmodel is om studente sterker te maak in hul eerste taal en daarmee saam ’n werkkennis van die ander taal te ontwikkel,” sê Shaikh. Dis ons doel om, deur meetbare teikens, Afrikaans se leefruimte as akademiese taal te verseker.

“Met die taalverwerwings- en akademiese geletterdheidskursusse in Afrikaans wil ons nie-Afrikaanssprekendes help om ’n luister- en kognitiewe vaardigheid in Afrikaans te ontwikkel, en hulle motiveer om volledig Afrikaans-taalvaardig te word.”

Shaikh sê Botman wil die vloei van Afrikaanse en Afrikaansmagtige studente na die US aktief aanmoedig.

US-Rektor en ATR vind breë ooreenstemming oor Afrikaans
Persverklaring

Vir onmiddellike uitreiking

US-Rektor en ATR vind breë ooreenstemming oor Afrikaans

’n Vrugbare gesprek met belangrike punte van ooreenstemming. Dít was die algemene gevoel na afloop van die ontmoeting tussen die Rektor van die Universiteit Stellenbosch, prof Russel Botman, en ’n afvaardiging van die Afrikaanse Taalraad (ATR).

Prof Botman het die US se toekomstige fokus en strewe op die terreine van volhoubare akademiese uitnemendheid, groter toeganklikheid en transformasie aan die hand van die universiteit se omvangryke inisiatief van landelike opleidingsplatforms oor die wyer Wes- en Suid-Kaapland, die Boland en die Kaapse Weskus verduidelik.

“Dit is nie ’n barmhartigheidsdiens of welsynsinisiatief nie, maar ’n deurdagte model om hoëvlakonderrig aan Afrikaanssprekendes in ons landelike streke te bied as uitvloeisel en vergestalting van ’n pedagogie van hoop. Dit geld eweneens vir die Engels-geöriënteerde bruin gemeenskappe in die Skiereiland en omstreke wie se groter lewensruimte oorwegend Afrikaans is en wat andersins vir Afrikaans verlore sou wees. Bowendien bied dit nuwe opleidings- en diensleergeleenthede vir ons studente op groter skaal,” het Prof Botman gesê

Die punte waaroor die partye in die gesprek breedweg ooreengekom het, is:

• Dat die US Afrikaans as onderrigtaal wil bestendig en bevorder onder meer  deur sy voorgraadse Afrikaanse aanbod aan studente.

• Dat meetbare teikens oorweeg word vir die berekening van die voorgraadse aanbod in Afrikaans.

• Dat die US ’n inklusiewe universiteit is (d.w.s. nie ’n eksklusiewe Afrikaanse universiteit nie) wat meertaligheid bevorder, maar nie ’n akademiese “volkstaat” wil wees nie.

• Dat Afrikaans aan die US nie ‘n uitsluitingsmeganisme sal wees nie.

• Dat die US diversiteit wil bevorder sonder benadeling van Afrikaans.

• Dat die US deurlopend streef om ’n universiteit van wêreldgehalte te

wees.

• Dat Afrikaans as akademiese taal ook op nagraadse vlak bevorder moet word.

“Die ATR is gerusgestel dat die US alles in sy vermoë sal doen om met meetbare en moniteerbare ondernemings Afrikaans as onderrigtaal se posisie aan die US te verseker, en dat die US en sy bestuur op daadwerklike bemagtiging van arm Afrikaanssprekendes gaan fokus.”

“Die ATR wil die US verseker van ons steun hiermee en onderneem om van ons ondersteuningsbasis, netwerke en kundigheid gebruik te maak om daardie boodskap uit te dra. Die punte van ooreenkoms sal as die basis dien op grond waarvan ons bereid is om ‘n vennoot van die US rondom Afrikaans te word,” sê dr Michael le Cordeur, ondervoorsitter van die ATR wat die afvaardiging gelei het.

Hy het gesê die ATR wil sy steun toesê aan die rektor en sy bestuurspan, en doen ‘n beroep op die Afrikaanse gemeenskap, maar ook op die gemeenskap in die breë om die rektor en die raad die geleentheid te gee om binne die US se demokratiese en akademiese strukture die taalkwessie te bestuur bestuur sodat die universiteit se erns met bogenoemde ooreengekome vertrekpunte daaruit sal blyk

• Die ATR het die Rektor na sy Algemene Jaarvergadering op 15 Augustus genooi om die US se inisiatiewe om Afrikaans se leefruimte te verseker met die lede-organisasies te deel.

Einde.

Gesamentlik uitgereik deur die Kantoor van die Rektor, Universiteit Stellenbosch, en die Ondervoorsitter van die ATR wat die afvaardiging gelei het.

Navrae aan: Dr Michael le Cordeur (082 8578 067)  by die ATR of mnr. Mohamed Shaikh, Senior Direkteur, Kommunikasie en Skakeling, Universiteit Stellenbosch (021 808 4636).