Rondetafelkonferensie vir Afrikaans van 28 Mei 2010:

  • Deelnemerlys van die Konferensie vir Afrikaans, klik hier.
  • Verslag van die Rondetafelkonferensie vir Afrikaans, klik hier.

 

Afrinetwerk is ’n nie-rassige en inklusiewe inisiatief van ’n paar organisasies in Suid-Afrika. Hierdie organisasies wil in Nederland en Vlaandere die aandag vestig op die posisie van die Afrikaanssprekende minderheid in daardie land.

Die politieke, maatskaplike en ekonomiese omgewing waarin Afrikaanssprekende mense in Suid-Afrika moet oorleef, het sedert die politieke veranderings van 1994 drasties verander – in sommige opsigte ten goede, in ander opsigte negatief. Om hul taal en toekoms veilig te stel sal Afrikaanse mense dus vernuwend moet dink en na nuwe moontlikhede moet soek om te kan oorleef.

Een so ’n moontlikheid – en daar is nog baie meer – is die oprigting in Nederland en Vlaandere van ’n kantoor wat aandag vra vir die belange van Afrikaanssprekende mense in Suid-Afrika. Maar is dit sinvol om so ’n kantoor op te rig? Wie word deur hierdie kantoor verteenwoordig en wat kan so ’n kantoor in die praktyk doen?