Archive for February, 2009

Poëzie Centrum

Laai af

Om te versoen, bemagtig en bevry

Die Burger – 20/02/2009

Teen die agtergrond van Internasionale Moedertaaldag vandag lewer MICHAEL LE CORDEUR ’n pleidooi dat ander inheemse tale, soos Afrikaans, uiteindelik ook hul regmatige plek sal inneem.

Vyftien jaar ná die koms van demokrasie weerspieël die taal wat in ons openbare domein gepraat word, steeds nie die demografie van ons land nie.

Dit maak ’n klug van artikel 6 van die Grondwet wat erkenning verleen aan 11?amptelike tale: Pedi, Sotho, Tswana, Swati, Venda, Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zoeloe. Omdat die Grondwet se aanduiding hieroor so vaag is, en omdat dit duur is om die ander tale aan te wend, is Engels byna altyd die alleenwenner.

Watter boodskap stuur dit uit oor ons erns met transformasie?

Wat sake verder vertroebel, is dat dit net Afrikaanssprekendes is wat openlik hul taal bevorder. In dié opsig is dit nodig om te kyk waarvoor die nuutgestigte Afrikaanse Taalraad (ATR) hom beywer.

Die bestaan van die ATR veronderstel die legitimiteit van die konsep van gemeenskapsregte. Daarmee sê ’n groot deel van die Afrikaanse gemeenskap dat hy dit in orde, selfs noodsaaklik, vind dat Suid-Afrikaners op ’n gemeenskapsgrondslag hul belange in die openbare domein bevorder. Deur sy blote bestaan neem die ATR standpunt in teen ’n benadering wat iets verkeerds daaraan vind om rondom sekere gemeenskapsbelange te groepeer en mobiliseer.

Deur sy grondwet distansieer die ATR hom van ’n bepaalde opvatting – die opvatting waarvolgens een bepaalde gemeenskap die enigste faktor in ons omgang met mekaar is.

Die Afrikaanse taalgemeenskap (waarby ons ook nie-moedertaalsprekers met ’n belang by Afrikaans insluit) is ’n hoogs diverse gemeenskap. Elke Afrikaansgebruiker (ek gebruik dié term doelbewus om nie net Afrikaanssprekendes in te sluit nie) is ook ’n lid van ander gemeenskappe. Sommiges sien hulself as Afrikaner, bruin, swart, Khoi, Griekwa, terwyl ander nie sulke etikette op hulle wil neem nie.

Party Afrikaanssprekendes is Christene, ander is Moslems, party Boeddhiste. Nog ander wil hulle met geen godsdiens vereenselwig nie. Daar is ondersteuners van elke party; brandarmes, skatrykes en werkersklasmense; hetero- en homoseksuele; mans en vroue, jongmense, middeljariges en bejaardes; beroepsmense en sportlui. Noem maar op.

Wat nuut en opwindend van die ATR is, is dat ons nie, soos dikwels in die verlede gedoen is, Afrikaansheid asof vanselfsprekend met enige van hierdie ander gemeenskappe identifiseer nie. Ons hoef ook nie onderling met mekaar saam te stem oor watter van hierdie verskillende gemeenskapsidentiteite legitiem is nie, en nog minder dat ons Afrikaansheid as die belangrikste gemeenskapsidentiteit beskou – ons kan selfs in die openbaar met mekaar hieroor bots. Juis omdat dit so is, sien ons nie die bestaan van ’n Afrikaanse gemeenskap as in spanning met ander gemeenskapsidentiteite nie.

Die onderwerp van hierdie referaat koppel transformasie met taalverskeidenheid. Soms word die bevordering van taalverskeidenheid teenoor transformasie (die skep van ’n meer demokratiese, regverdige, menslike samelewing) gestel. Dikwels word aangevoer dat transformasie belangriker is en dus eerste aandag moet kry. Na my mening – en dit is implisiet in die ATR se visie soos in ons grondwet verwoord – sal transformasie nooit slaag solank die bevordering van meertaligheid nie in die hart daarvan ’n rol speel nie.

As ons mense wil oplei, op skool, universiteit en elders, moet ons dit verkieslik deur hul moedertaal doen en moet die aanleer van ander nasionale en internasionale tale deel van die opleidingspakket uitmaak. As ons dienste wil lewer, moet die mense aan wie die dienste gelewer word in hul voorkeurtaal met die diensleweraars kan kommunikeer. As ons menswaardigheid wil ontwikkel, moet ons leer om ander se tale te respekteer – nie net as informele kommunikasiemiddele op straat nie, maar as tale van die wetenskap, die bedryfswêreld, die politiek, die media.

As ons plaaslike wetenskap en tegnologie wil ontwikkel, moet ons dit vir ons mense moontlik maak om in ’n taal waarmee hulle vertroud is, hierdie velde te betree. As ons die ekonomie gesond wil laat groei, moet ons begryp dat die bevordering van veeltaligheid ons juis produktiewer kan maak. Transformasie moet dus nie ten koste van meertaligheid nagestreef word nie, maar déúr meertaligheid.

Die ATR sien sy bevordering van Afrikaans binne hierdie meertaligheidskonteks. Daarom wil ons ook anderstaliges die geleentheid gee om Afrikaans te leer, en Afrikaanssprekendes aanmoedig om ander tale te leer.

Die Afrikaanse gemeenskap wil ook met ander taalgemeenskappe saamwerk om meertaligheid te bevorder, en ons kundigheid en middele met ander taalgemeenskappe deel.

Dit is waarvóór ons is. Maar waartéén is ons?

Ons is teen die gedagte dat een van die amptelike tale ’n hoër status as die ander mag geniet, net soos ons teen die gedagte is dat twee van die amptelike tale so ’n hoër status verdien. Ons is teen die idee dat gelyke agting aan al ons tale getoon kan word deur die status en funksies van tale wat reeds sterk staan, af te skaal. In plaas daarvan moet die status en funksies van tale wat nog nie so sterk staan nie, met ywer uitgebrei word.

Ons is teen die idee dat “belangrike” sake in een of twee van ons amptelike tale gekommunikeer moet word.

Afrikaans is in baie opsigte steeds in ’n bevoorregte posisie, hoofsaaklik vanweë sy bevoorregte agtergrond. Die vorige regering het Afrikaans opgebou tot ’n wetenskap- en ’n onderrigtaal. Vir die meeste ander amptelike tale bestaan nie eens ’n tweetalige woordeboek nie! Van skoolhandboeke en tersiêre bronne praat ek nie eens nie. Daarom is dit onverskillig (selfs onbeskof) om te sê hulle moet maar self vir hul taal sorg.

Die waarheid is dat ander inheemse tale gewoon nie oor die hulpbronne beskik om te doen wat hulle so graag wil doen nie.

Dink ’n mens aan die talle Afrikaanse feeste in ons land, wonder jy of dit werklik soveel gevra is om die swart streektaal by die fees in te sluit. Jy waardeer dat Xhosa nou deel van die Suidoosterfees is.

So reik Afrikaans uit na sy sustertale, en kweek ons begrip vir Afrikaans juis omdat ons ander bewus maak van die intrinsieke waarde van hul eie taal.

Ten slotte, laat ons wegbeweeg van ’n eksklusiewe houding oor Afrikaans (“Praat Afrikaans of jou jou bek”). Kom ons bevorder Afrikaans as die vriendelike taal wat oor grense heen versoen, bemagtig en bevry.

Doen ons dit nie, skep ons die gevaar dat ’n klein elite sy dominansie in ons samelewing voortsit.

Dr. Le Cordeur is die voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee en ondervoorsitter van die ATR. Hierdie referaat is gelewer op ’n oorlegplegende konferensie in Johannesburg van die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, geloofs- en taalgemeenskappe. (Met erkenning aan drr. N. Alexander, P. de Vos en G. Brand.)

AFRIKAANS: QUO VADIS?

Een inclusieve strategie om Afrikaans levenskrachtig  te houden

Inleiding

Bijna elke dag sterft er een taal. Elk overlijdensbericht betekent een verarming van de hele mensheid, want als er een taal verdwijnt, verdwijnen ook de ideeën, gedachten, gedichten en verhalen van die taal. De bekende dichter Gerrit Komrij slaat de spijker op de kop wanneer hij schrijft: “Wie zijn taal verliest, verliest alles. Hij raakt niet alleen zijn strottehoofd kwijt, maar dat hele merkwaardige iets dat we identiteit noemen. De moederadem die het denken vleugels geeft.’’ En elders schrijft hij dat taal “die enigste waardevolle maatstaf is vir ’n gedeelde belewenis en ’n gedeelde geheue.”

Talen verdwijnen steeds sneller

Waarom verdwijnen talen en waarom verdwijnen ze vooral tegenwoordig zo snel? De redenen daarvoor zijn ingewikkeld en uiteenlopend en het zou te ver gaan om op deze plaats een diepgaande studie daarvan te maken. Maar een paar gedachten zijn hier misschien wel nuttig.

Het is in de eerste plaats belangrijk om te vermelden dat ondanks de gevaren waardoor veel minderheidstalen vandaag bedreigd worden, de bewustwording daarvan tegelijk groter geworden is. Althans, men kan tot die conclusie komen als men afgaat op de talloze na-oorlogse internationale verdragen en verklaringen waarin het recht op het gebruik van de eigen taal expliciet als een mensenrecht erkend wordt. De bekendste verklaringen zijn die van de de Verenigde Naties (“Verklaring van de Rechten van Mensen die aan Nationale of Etnische of Godsdienstige Minderheden behoren”) en een soortgelijke verklaring van de Raad van Europa (“Europees Handvest van Streek- of Minderheidstalen”). Deze verklaringen beklemtonen allemaal dat minderheden niet gediscrimineerd mogen worden, dat ze als onderdeel van de normale grondrechten zekere politieke minderheidsrechten hebben zoals het recht op hun eigen cultuur, volledige deelname aan de economie van hun land, het recht op moedertaalonderwijs, en het recht om bij contacten met de overheid in hun eigen taal aangesproken te worden. Cultureel pluralisme is de levensadem van de liberale democratie.

Drie belangrijke factoren

Er zijn waarschijnlijk drie fundamentele factoren die verantwoordelijk zijn voor het uitsterven van een taal: de eerste is de vermindering van het aantal sprekers, ten tweede doelbewuste onderdrukking van een taal door de centrale regering van een land en tenslotte heeft de betrokken taalgroep meestal een achterstand in onderwijs en algemene ontwikkeling vergeleken met de rest van het land.

De Vlaamse taalstrijd

Misschien is het voor dit memo echter nog belangrijker om te vragen: waarom sterft zekere minderheidstalen juist niet uit en overleven zij niet alleen alleen alle aanvallen, maar worden zij zelfs sterker en levenskrachtiger?

Een goed voorbeeld van zo’n positief scenario is de Vlaamse gemeenschap. Thans deel van de soevereine staat België is het Nederlandstalige deel van deze staat economisch veel sterker en welvarender als het Franstalige Waalse gedeelte. Maar in de negentiende eeuw was de situatie precies omgekeerd en werd het Nederlandstalige deel van België gezien als cultureel en economisch achterlijk.

De Vlamingen zijn er echter vanaf het eind van de negentiende eeuw in geslaagd om hun taal op alle niveaus – van laag tot hoog – af te dwingen. De Vlamingen hebben  uiteraard thuis altijd hun eigen Nederlandse dialecten gesproken, maar hun intellectuele elite zag vanaf het eind van de negentiende in dat dit niet genoeg was: de taaloverdracht van ouders naar kinderen is weliswaar van fundamenteel belang, maar om niet af te zakken naar huis-tuin- en keukenniveau en de kans op overleving te vergroten, moest  hun taal ook op scholen en universiteiten gebruikt worden, moesten er boeken en kranten in de eigen taal geschreven worden. Zoiets komt niet vanzelf tot stand, deze taalstrijd moest gepaard gaan met een politieke, culturele en ook economische emancipatiestrijd.

Discriminatie tegen Afrikaans

Ook de Afrikaanstalige gemeenschap heeft op allerlei manieren te maken gehad met achterstelling en discriminatie.  De Zuid-Afrikaanse historicus Dan O’Meara schrijft in zijn boek Volkskapitalisme,Class, Capital and Ideology in the development of Afrikaner Nationalism, 1934-1948 het volgende over de witte Afrikaner in het  tijdperk van voor 1948:  “The structure of South African capitalism offered few opportunities to those whose home language was Afrikaans. Its language was English, and Afrikaans-speakers were powerfully discriminated against. Promotion and advancement required both profiency in a foreign language – that of the conquerers – and virtual total acceptance of the structure and values dominant in the country.” De emancipatie van een taal is dus ook met verwijzing naar de Zuid-Afrikaanse dichter N.P. Van Wyk Louw ook een “broodsaak”.

Uit de aanhaling uit het boek van O’Meara blijkt duidelijk dat ook de Afrikaanstalige taalgemeenschap in het verleden een soortgelijke strijd moest voeren als de Vlaming. Er waren wel vanaf het begin twee grote verschillen: de taalstrijd was grotendeels  een exclusieve strijd van de blanke Afrikaner. Deze exclusiviteit werd nog versterkt – en dit is het tweede verschil – door het feit dat deze Afrikaners tijdens de Anglo-Boerenoorlog (1899-1902) en nog jaren daarna letterlijk met uitsterven bedreigd werden. Tijdens bovengenoemde oorlog stierven er bijvoorbeeld ruim 26 000 vrouwen en kinderen in de Britse concentratiekampen, ruim 10 procent van de destijdse Afrikaner bevolking in de Transvaal en de Vrijstaat.

Uiteindelijk slaagden de Afrikaners in hun emancipatiestrijd, maar ze deden dat door het instellen van een minderheidsregering die de meerderheid van de bevolking uitsloot en dus zit Afrikaans met een  damnosa hereditas, een duivelse erfenis van exclusiviteit en uitsluiting van alle andere groepen op grond van ras. Voor dit memo is het vooral belangrijk om te vermelden dat dat andere deel van de Afrikaanstalige gemeenschap, de bruine bevolking, eveneens uitgesloten was van enige zinvolle politieke deelname en dat zij dus door hun blanke Afrikaanstalige broeders en zusters verstoten werden.

Vanaf  1994 heeft Zuid-Afrika een meerderheidsregering die geleid wordt door het ANC. Sindsdien is de rechtstreekse politieke deelname en invloed van de witte Afrikaanstalige gemeenschap sterk verminderd en is dié van de bruine bevolkingsgroep minimaal gebleven .

Afrikaans staat onder druk

De eerste vraag die nu beantwoord moet worden is of het inderdaad nodig is om aandacht te vragen voor de positie van de Afrikaanse taal in het moderne Zuid-Afrika.

In het meest omvattende onderzoek tot nu toe over de stand van zaken van het Afrikaans, Taalverskuiwing sedert 1994. Die prosesse van bevoorregting, ontmagtiging en verwaarlosing, van proff. F.I.J. van Rensburg, E.F.J. Malherbe en K.J. H. Landman werden acht terreinen van de maatschappij – de regering en de bureaucratie, de semi-overheid, het onderwijs, justitie, wetenschap en technologie, de media, sport en ontspanning en het bedrijfsleven – uitvoerig onderzocht en men kwam tot de conclusie dat de regering stelselmatig Engels bevoordeelde boven de andere tien officieel in de Grondwet erkende talen en dat de rechten van deze talen systematisch verwaarloosd en onderdrukt werden.

Maar, kan men hier tegenin brengen, wat dan van de talrijke Afrikaanse taalfeesten zoals die Woordfees in Stellenbosch of  die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn? Afrikaanse popmuziek is toch springlevend? En kijk eens naar al die Afrikaanse schrijvers, kranten en tijdschriften! Een geldig tegenargument is hier: fantastisch, maar dit is niet genoeg. Als een taal op universtiteiten en  bij officiële instanties niet of nauwelijks gebruikt wordt, dan gaat hij uiteindelijk steeds meer van zijn functies verliezen. J.C. Steyn constateerde reeds in 1979 in zijn boek Tuiste in eie Taal dat het aantal functies dat een taal heeft in de samenleving een directe correlatie heeft met zijn kans op overleving. Laat de taal leven, maar zorg ook dat hij zijn officiële functies behoudt.

Voor velen in Zuid-Afrika is een andere reden om maar niet te vechten voor Afrikaans het belaste verleden van de gebruikers van die taal. Maar is dat een geldige reden? Dan zou dat voor bijna alle talen in de wereld moeten gelden met het Duits, Engels, Japans en Russisch als eerste kandidaten. Zo’n verleden mag nooit een hinderpaal vormen voor wettige acties om een taal te laten overleven.

Welke strategie kan er dan het beste gevolgd worden om Afrikaans levensvatbaar te houden?

Een nieuwe strategie

Het uitgangspunt van elke strategie hier is dat hij inclusief moet zijn. Inclusief in de erkenning van de eveneens moeilijke positie van de andere officiële talen van Zuid-Afrika en inclusief wat betreft de insluiting van iedereen, ongeacht etnische afkomst, die zich deel voelt van de Afrikaanstalige gemeenschap. Een positieve ontwikkeling in dit verband kan meteen gemeld worden: de oprichting van de Afrikaanse Taalraad (ATR) in mei 2008. De ATR gaat niet alleen optreden als parapluie voor alle organisaties die zich bezig houden met Afrikaans, maar hij heeft ook voor het eerst in de geschiedenis van Zuid-Afrika een werkelijke verzoening tot stand gebracht tussen Afrikaanstalige bruine en witte sprekers. De ATR is dus de eerste werkelijk inclusieve organisatie op het gebied van Afrikaans en hij is ook de eerste die gaat proberen om alle verschillende intiatieven door het scheppeen van een uitgebreid netwerk te coördineren.

Viervoudige actie 

Hoe zal deze strategie er in de praktijk uitzien? Allereerst zullen er vier terreinen tegelijk aangepakt moeten worden; deze vier zijn zo nauw met elkaar vervlochten dat een aparte aanpak geen zin heeft. Deze vier terreinen zijn: de “lage” functies van Afrikaans (taaloverdracht van ouder naar kind, programma’s om geletterdheid te bevorderen), de “hoge” functies van Afrikaans (Afrikaans als wetenschaps- en cultuurtaal), Afrikaanstalig onderwijs en acties die de burgerrrechten van Afrikaanstaligen verdedigen.

Het uitgangspunt van elke strategie zal de overdracht van Afrikaans van ouder naar kind moeten zijn; als er thuis geen  Afrikaans meer gesproken wordt, heeft de rest van de strategie geen zin meer. Maar om te verzekeren dat ouders en kinderen thuis nog Afrikaans praten, zal het economisch voordelig moeten blijven om Afrikaans te blijven spreken. Dat wil dus zeggen dat er goede Afrikaanstalige scholen moeten zijn die op hoog niveau onderwijs geven en Afrikaanstalige onderwijscolleges en universiteiten die opleiden in beroepen die de meeste kans bieden op een goedbetalende baan.

Twee voorbeelden uit de praktijk

Twee practische voorbeelden: de Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans leert onder meer bruine mensen, die nooit de kans hebben gehad op regulier onderwijs, lezen en schrijven. Hiermee krijgen deze mensen voor de eerste keer een kans op een behoorlijk en menswaardig bestaan. Ook probeert hij het niveau van de scholen in achtergestelde gebieden te bevorderen.Bijzonder belangrijk, want het aantal bruine studenten aan instellingen van hoger onderwijs is procentueel het laagst van alle bevolkingsgroepen in Zuid-Afrika.
Tweede voorbeeld: de vakbond Solidariteit zal in juni 2009 een technisch college –Sol-Tech – openen waar in Afrikaans aan honderden – meestal arme – studenten les gegeven wordt in broodnodige beroepen zoals machinebankwerker en automonteur. Op het ogenblik is het aantal gekleurde studenten nog klein, maar Sol-Tech heeft een volledig open beleid, dus niets kan bruine of zwarte studenten tegenhouden om daar te gaan studeren. Het aantal bruine studenten zal beslist snel toenemen als Sol-Tech er in de toekomst in slaagt om ook een technisch college te openen in de provincie West-Kaapland, waar het merendeel van de bruine bevolking woont.

Maar als de Zuid-Afrikaanse regering blijft volharden in zijn negatieve houding dan zal dat niet bevordelijk zijn voor het succes van de bovengenoemde strategieën. Het bedrijfsleven zal dan eerder geneigd zijn om ook maar helemaal Engels te worden en dan zullen ouders weer twee keer denken voordat ze hun kinderen naar een Afrikaanstalige school sturen.

Voortdurende protest

Het is dus ook belangrijk om te blijven protesteren als je bij het stadhuis, de bank of het postkantoor niet in Afrikaans toegesproken wordt. Of als er steeds meer scholen alleen maar in het Engels willen lesgeven. Solidariteit heeft een afdeling, Afriforum, die zich onder meer met dergelijke acties bezig houdt.

En tot slot nog twee dingen: opkomen voor Afrikaans kan ook de positie van de sprekers van de andere officiële – zwarte – talen bevorderen.  Niet alleen in algemene zin, zoals mensen bewust maken  van de waarde van onderwijs in je moedertaal, maar ook heel practisch in de vorm van beter onderwijs en meer banen. Een goed voorbeeld hiervan is het  “Woordeboek vir die Afrikaanse Taal ( WAT, de Zuid-Afrikaanse equivalent van de WNT, het Woordenboek der Nederlandse Taal ) die al jaren lang zwarte lexicografen opleidt en ook scholieren uit voormalige bruine en zwarte scholen leert hoe ze woordenboeken moeten gebruiken. 
Een extra  probleem is wel dat er zo weinig middelbare scholieren  – minder dan 50% – slagen voor het eindexamen in hun moedertaal.

Het is voor deze strategie en voor dit ideaal dat Afrikaanstalige organisaties buitenlandse aandacht en steun vragen.