FRANS TIMMERMANS is ’n geesdriftige man. Wanneer hy praat oor Afrikaans en die band tussen Afrikaans en Nederlands, is dit of ’n lig binne-in hom begin skyn.
Hy glimlag. Sy stem sing amper. Hy beduie met sy hande. Hy straal van entoesiasme.
Ons sit in sy kantoor in die yslike gebou van die Nederlandse departement van buitelandse sake in Den Haag. As onderminister van buitelandse sake – hulle noem dit hier “staatssecretaris” – is hy verantwoordelik vir onder meer Nederland se buitelandse kulturele betrekkinge.
http://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2008/04/12/BY/18/Leopold.html